Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Hier gaan ons alweer! (kykNET): Petri toets die Dreamcatch selfoon app. Hy en Protea hengelaar Schalk van Breda, hengel langs die Vaalrivier vir groot Karpe op die tradisionele papgooi metode en wys ook hoe om die hengelarea te voer vir beter resultate.

18:00 The Goldbergs (M-Net): Leef jou weer in die 80’s in met hierdie wilde familie en leef saam met hulle die lewe se struikelblokke en hoogtepunte uit.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Vicky deel haar nuus met die Villa en Marius wyer om met enigiemand te praat. Monique en Vincent se planne vorder terwyl Saskia vure doodslaan. Wouter en Cardo maak nuwe werksreëls.

18:30 7de Laan (SABC2): Matrone se geheim word ontbloot. Errol help Pulane met 'n sensitiewe saak.

18:30 America’s Got Talent (M-Net): Amateurs van reg oor Amerika kom bymekaar om die beoordelaars met hul talente te beïndruk.

19:00 Extant (M-Net Edge): Vanaand is die slotepisode. Lucy ignoreer opdragte en help Molly om 'n einde te maak aan die Humanich se planne.

19:30 Binnelanders (kykNET): Lexi kom uit met die sak patats, en Tertius besluit om drastiese stappe te neem. At gaan beslis nie die vyand in sy hospitaal toelaat nie, Zeldine kry verpletterende nuus en Adam slaan toe op sy prooi.

19:30 Grey's Anatomy (M-net): In vanaand se episode stel Dr Hunt voor dat al die interns leer hoe om slegte nuus aan pasiënte oor te dra.

20:00 Fiësta (kykNET): Clover Aardklop is vanjaar 18 jaar oud. Wat 'n formidabele fees met uitstekende verhoogproduksies, musiek, kuns en selfs vermaak vir die kinders. Vandeesweek is Franci Swanepoel ons gas-aanbieder.

20:00 Dominion (M-Net Edge): In vanaand se episode kom Alex teen Gabriel te staan.

20:00 Those Who Can't (SABC3): In vanaand se episode raak Victor 'n internetsensasie.

20:30 SuperRugby (KykNET): Kenners kyk na die jongste ontwikkelinge in die rugby-wêreld. Ateljeegaste neem ook deel aan besprekings en beantwoord kykers se inbelvrae.

21:20 The Walking Dead (FOX): Net toe dit lyk asof dinge vir die Alexandrians gaan normaliseer, steek 'n nuwe probleem sy kop uit.

21:30 Madam Secretary (M-Net): In vanaand se episode bly Elizabeth by die Iranse minister van buitelandse sake om 'n staatsgreep te voorkom.

22:00 kykNet Aktueel - Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels 'n politieke inslag het. Die program sluit aan by 'n trotse tradisie van Afrikaanse kritiese joernalistiek.

22:00 Chicago Fire (SABC 3): Volg die avonture van die brandweermanne van die Chicago brandweer deur hierdie intieme kykie na hul persoonlike sowel as professionele lewens.