Dit is vanaand op die kassie:

16:30 Op die Spyskaart (VIA):Café del Sol in Johannesburg se eienaars, ma Luciana en dogter Chiara, kuier by Amori in die kombuis waar twee deelnemers hulle probeer beïndruk om 'n gereg op hulle spyskaart te kry.

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Roer! (kykNET): Joe Niemand is 'n ou wat kan uithou en aanhou en hy leer ons 'n ding of wat van souttertjies en braai.

17:30 Inspirasiekos met Sarie (VIA): Pure plaaskos via Herman, die stadskok. Die talentvolle SARIE-kosredakteur, Herman Lensing, is op soek na ons beste bestanddele. Hy ontmoet die passievolle persoonlikhede agter die bestanddele – en kook dan ’n feesmaal!

18:00 Brood en Botter (VIA): Sjef Bertus Basson is op soek na ’n entrepreneur wat ’n perseel wen by Paarlse kos-emporium Spice Route. Om die entrepreneurs 'n blaaskans te gee word hulle bederf met 'n voorslag-ete by Kaapstad se opwindende privaatrestaurant Spasie.

18:00 Suidooster (kykNET): Michelle en Stefan probeer saamstaan om hulle probleme aan te spreek. Mrs J se vergeetagtigheid laat haar oorweeg om na 'n ouetehuis toe te gaan. AB konfronteer Bianca.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Eben voel onrustig oor Carina en Wouter. Stef het sy hande vol met Vicky en die 'verwagtende' Saskia manipuleer hom om elke hoek en draai. Saskia kry die skok van haar lewe wanneer haar voordeur oopgaan.

18:30 7de Laan (SABC2): Ty en Willem het dieselfde smaak in vroue. André ondersteun Xander in hierdie moeilike tye.

18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateurkokke spook dit uit "Down Under".

19:00 Helix (M-Net Edge): In hierdie gruwelreeks hou die uitbreek van 'n virus in die Arktiese streek 'n groot gevaar vir die mensdom in.

19:30 Binnelanders (kykNET): 'n Oorwinning is hierdie keer 'n anti-klimaks. Gustav bied aan om Morné te help, terwyl Jana bewys hoekom sy 'n katjie is wat nie sonder handskoene aangepak moet word nie. 'n Moeilike besluit kan lei tot 'n slapelose nag.

19:30 The Astronaut Wives Club (M-net): Dié drama wat in die 1960's afspeel, gaan oor die lewe van die vroue en meisies van die ruimtevaarders van die Mercury-sending.

20:00 Defiance (M-Net Edge): 'n Loskop groep mense probeer op 'n post-apokaliptiese aarde oorleef.

20:00 Reis na Gister (kykNET): Franco Smith was eers net 'n bekende speler, maar nou voeg hy waarde toe met die afrigting van die Vrystaat Cheetahs. Dis in Bloemfontein waar sy lewensreis begin het en Jak volg saam met hom sy interessante reis.

20:00 The Secret Circle (SABC 2): Wanneer Cassie vir Adam vra om haar te help ondersoek instel na haar pa se verlede, lei dit hulle na 'n baie bekende plek.

20:30 Die Munisipaliteit van Gwarra-Gwarra (KykNET): Tony Toolbox stig 'n nuwe 'band' saam met 'n paar 'woeste gooste'. Poplap hou niks van die idee nie en is woedend vir Tony. Vonkiedool gaan saam met Tony na die kroeg waar die 'band' optree, en die twee raak vreeslik getrek.

20:30 Agent X (M-Net): In hierdie splinternuwe aksiebelaaide reeks vind die pasaangestelde adjunkpresident van Amerika (Sharon Stone) uit dat as adjunk het sy toegang tot die geheime Agent X wat net aan haar rapporteer.

21:00 Proesstraat (kykNET): Wikus gaan by 'n kinderpartytjie optree vir 'n ekstra geldjie en benodig idees en 'n paar ekstra koppe en hande. Sy niggie Desire ken van kinders en kom maak ook 'n draai om te help.

21:30 Verslag (kykNET): 'n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

22:00 kykNet Aktueel - Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels 'n politieke inslag het. Die program sluit aan by 'n trotse tradisie van Afrikaanse kritiese joernalistiek.

22:00 Chicago Fire (SABC 3): Volg die avonture van die brandweermanne van die Chicago brandweer deur hierdie intieme kykie na hul persoonlike sowel as professionele lewens.