17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Safari 4×4-Roetes (kykNET): Ons is terug in Pretoria na 'n heerlike Noord-Kaap Safari en maak 'n draai by Boma Vleismark vir kos vir die volgende Safari. Dié keer gaan pak ons al die grondpaaie vanaf Pretoria tot by die mees suidelikste punt van Afrika.

18:00 Kortlys (VIA): Lekker informele gespreke met kenners oor die dinge wat ons aandag trek – die keer maak ons ‘n spul lysies oor partytjies. Met aanbieder Henriëtta Gryffenberg.

18:00 Suidooster (kykNET): Die Octobers se gyselaardrama is nog nie verby nie en Ian probeer sy gesin red. Die Samsodiens word deur 'n tragedie geruk en Carmen bevind haar in 'n stryd tussen die hede en die verlede.

18:30 Getroud Met Rugby: Die Sepie (kykNET): Maryke hol rond, gefokus op haar nuwe loopbaan en Sasha manipuleer haar in 'n ding in. Koekie en Festus sal enigiets doen om geld uit Fafa te kry en Laetitia kry inligting wat slegte nuus vir Schalk en die Stryders kan beteken.

18:30 7de Laan (SABC2): 'n Bekende gesig kom kuier in Hillside. Xander se plan flop.

18:30 MasterChef Junior USA (M-Net): 25 van die beste junior MasterChefs ding mee vir die gesogde titel.

18:30 Op Pad met Dana (VIA): Deur die hele reeks het Dana vir almal gevra of hulle dink daar hoop vir die land is. In hierdie episode kyk ons terug na daardie antwoorde en Dana gee sy gevolgtrekking na aanleiding van alles wat hy op die reeks gesien en ervaar het.

19:00 Grimm (M-Net Edge): Die vyfde seisoen van dié gruwelreeks propvol bonatuurlike gediertes het begin.

19:30 Binnelanders (kykNET): Karli voel baie sterk oor kinders van haar eie, en Herman probeer meer uitvind oor dit wat hy gesien het. Jan Gericke is terug in Pretoria en dit is duidelik dat Annelize en Jana nie ooghare vir mekaar het nie.

19:30 Grey’s Anatomy (M-net): ‘n Drama wat die ervarings van ‘n groep dokters en verpleegsters volg.

20:00 Jou Show (kykNET): Die gewilde kykNET reeks, 'Sterlopers', se sterre Willem Botha en Jenna Dunster is Emo se gaste. Hulle vermaak ons met heerlike staaltjies vanuit die reeks, terwyl Willem vir ons een van sy treffers sing.

20:30 Vinkel En Koljander (KykNET): Cheryl stem in om spyseniering te doen vir 'n janaaza, maar Neesha het haar bedenkinge oor Cheryl se vermoëns. Waanie oortuig Riyaan om saam met hom 'n model-helikopter te bou en te lanseer.

21:00 Leef Jou Reis – Met Gerrie Pretorius (kykNET): Ons reis deur die pragtige Noord en Suid Eilande van die land van die groot wit wolk, Nieu-Seeland. Ons kuier by 'n oud rugby legende, doen die haka en gaan vaar op Milford Sound tussen dolfyne.

21:30 Verslag (kykNET): ‘n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

22:00 kykNet Aktueel – Prontuit (kykNET): Ons gesels met Don Pinnock oor sy boek Gang Town, met Tertius Kapp oor sy bendenavorsing vir die toneelstuk, Rooiland, en dr Arien van der Merwe vertel ons meer oor epigenetika.