17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Marita Kook Frans (kykNET): Marita van der Vyver is die gasvrou en aanbieder van die reeks waar ons Suid-Afrikaners gaan besoek wat in die suide van Frankryk woon en werk.

18:00 Suidooster (kykNET): Rita is terug by die huis. Mymoena vra Rhafiek om in te gryp sodat sy en AB vrede kan maak. Stefan besef Michelle het sy ondersteuning nodig vir die baba en Lee-Ann is op die oorlogspad.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Na Fritz se angina-aanval besin hy oor die toekoms. Marius sukkel om weer sy posisie as 'n aandeelhouer te aanvaar en Saskia se vrees vir Liam lei daartoe dat sy Petrus by haar privaatlewe insleep.

18:30 7de Laan (SABC2): Ty ontvang skokkende nuus. Sifiso en Bernard stamp koppe. Sal Elritha nosgteeds Natalie kan beskerm as die waarheid uitkom?

18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateurkokke spook dit uit “Down Under”.

18:30 Op Pad met Dana (VIA): Die woordman Dana Snyman gaan op reis deur Suid-Afrika.

19:00 Grimm (M-Net Edge): Die vyfde seisoen van dié gruwelreeks propvol bonatuurlike gediertes het begin.

19:30 Binnelanders (kykNET): Tertius se benoudheid oor sy toekoms veroorsaak dat hy 'n fout maak met 'n pasiënt, en Okkie praat met Ivanka oor Ilse. Adelyn wil die skietwond-pasiënt by die polisie aanmeld en Karli wil vir Herman 'n meisie kry.

19:30 Grey’s Anatomy (M-net): ‘n Drama wat die ervarings van ‘n groep dokters en verpleegsters volg.

20:00 Defiance (M-Net Edge): ‘n Loskop groep mense probeer op ‘n post-apokaliptiese aarde oorleef.

20:00 Reis na Gister (kykNET): Jean Engebrecht, seun van Springbok rugbyspeler Jannie Engelbrecht, is die eienaar van die 320 jaar oue wynplaas Rust en Vrede, in die Stellenbosch omgewing. Hy wys ons span waar in die Boland sy wortels lê.

20:00 The Office (SABC 3): Die mannewales van ‘n loskopkantoor word in die skreeusnaakse komediereeks vertel.

20:30 Die Munisipaliteit van Gwarra-Gwarra (KykNET): Tony en Vonkiedool is altwee in die moeilikheid en moet by die werk gaan slaap. Tony skryf 'n gedig vir Poplap om op te maak, maar dit werk nie. Die gedig werk wel vir Vonkiedool en hy haas terug huistoe na Tossie.

21:00 Proesstraat (kykNET): Pierre het vergeet om vir die gasspreker by 'n skoolfunksie wat hy moes reel verblyf te kry. Melt beid aan dat die gas vir die aand in die woonstel kom slaap aangesien Waldi vir die naweek Kaap toe is.

21:30 Verslag (kykNET): ‘n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

22:00 kykNet Aktueel – Insig (kykNET): Wat is die politieke mag en gevare van sosiale media? Hoe diep is China se invloed in Afrika? Gaan die parlement nog greep op die SAUK verloor? Waldimar en sy gaste bespreek hierdie vrae.

22:00 CSI: Miami (SABC 3): ‘n Voormalige speurder lei ‘n groep mense wat ondersoek instel op misdade.