Dit is vanaand op die kassie:

16:30 Op die Spyskaart (VIA):Sjef Rayno Adlam van The Sands restaurant in Sandton moet die moeilike besluit maak om te kies wie van die twee deelnemers se gereg op sy spyskaart gaan verskyn. Amori staan reg om te help.

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Hier gaan ons alweer! (kykNET): Petri de Wet en sy gas hengelaar is naby Port Alfred. Petri toets vir die eerste keer die Sandblaster Baitcaster wat n aas 380 meter diep kan inskiet. Die manne land 'n paar reuse groot haaie wat ongeveer 200kg weeg.

17:30 Inspirasiekos met Sarie (via.): Pure plaaskos via Herman, die stadskok. Die talentvolle SARIE-kosredakteur, Herman Lensing, is op soek na ons beste bestanddele. Hy ontmoet die passievolle persoonlikhede agter die bestanddele – en kook dan ’n feesmaal!

18:00 The Goldbergs (M-Net): Leef jou weer in die 80’s in met hierdie wilde familie en leef saam met hulle die lewe se struikelblokke en hoogtepunte uit.

18:00 Suidooster (kykNET): Rhafiek is in 'n toestand nadat hy uitgevind het Mymoena is Bianca se biologiese ma. Lee-Ann sit vir Ian op sy plek. Bridgette maak vrede met Mrs J en gaan kuier weer vir haar man op kantoor.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Stef is vasberade om te keer dat Liam deel van die Villa word. Cardo vertel vir Celine meer van wat in sy kinderdae gebeur het, en Gerhard wen weer Kotie se guns, maar dan maak hy nog 'n fout.

18:30 7de Laan (SABC2): Anna sukkel om na Marko aan te beweeg. Kim besoek vir Ty in die kliniek.

18:30 The X Factor UK (M-Net): Die Verenigde Koninkryk se beste onontdekte talent word in hierdie talentkompetisie ontgun.

19:00 Helix (M-Net Edge): In hierdie gruwelreeks hou die uitbreek van 'n virus in die Arktiese streek 'n groot gevaar vir die mensdom in.

19:30 Binnelanders (kykNET): Tonik is 'n miernes van bedrywighede, en Morné sal op 'n stadium moet besluit wat hy in 2016 gaan doen. At kry twee klappe op een slag, Tertius kry slegte nuus, en nog 'n hewige uitval vind plaas in die Jonker-woonstel.

19:30 The Astronaut Wives Club (M-net): Dié drama wat in die 1960's afspeel, gaan oor die lewe van die vroue en meisies van die ruimtevaarders van die Mercury-sending.

20:00 Fiësta (kykNET): Daar is soveel spesiale mense wat weekliks ons program besonders maak. Ons praat van al die sterre wat die afgelope jaar ons gas-aanbieders was. Plus, jy kry die geleentheid om vir jou gewildste aanbieder van 2015 te stem.

20:00 Dominion (M-Net Edge): In die heel laaste episode word Clair geskiet, dit blyk Lucifer is toe al die tyd in Mallory, en Noma verkoop haar siel aan die duiwel om haar engelvlerkies terug te kry.

20:00 The Secret Circle (SABC 2): Wanneer Cassie vir Adam vra om haar te help ondersoek instel na haar pa se verlede, lei dit hulle na 'n baie bekende plek.

20:30 Parys Parys (KykNET): Die resessie druk en die Kleynhanse moet spaar waar hulle kan. Jan reken Elsa sal haar winkel moet toemaak - dit kos hulle net geld. Sy gee nie egter nie so maklik moed op nie en beplan 'n Franse aand.

20:30 Agent X (M-Net): In hierdie splinternuwe aksiebelaaide reeks vind die pasaangestelde adjunkpresident van Amerika (Sharon Stone) uit dat as adjunk het sy toegang tot die geheime Agent X wat net aan haar rapporteer.

21:30 Verslag (kykNET): 'n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

22:00 kykNet Aktueel - Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels 'n politieke inslag het. Die program sluit aan by 'n trotse tradisie van Afrikaanse kritiese joernalistiek.

22:00 Chicago Fire (SABC 3): Volg die avonture van die brandweermanne van die Chicago brandweer deur hierdie intieme kykie na hul persoonlike sowel as professionele lewens.