17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Safari 4×4-Roetes (kykNET): Ons ry grondpad oppad na Kaap Agulhas maar moet noodgedwonge 'n paar draaie ry voor ons diep in die nag by Blomfontein aankom. Die volgende dag vat ons Blomfontein se baie steil 4x4 bergroete aan.

18:00 Kortlys (VIA): Lekker informele gespreke met kenners oor die dinge wat ons aandag trek. Met aanbieder Henriëtta Gryffenberg.

18:00 Suidooster (kykNET): Tim moet besluit of hy in Kaapstad gaan bly of nie, terwyl Bianca in die war is oor Derick se vreemde optrede. Stefan is senuweeagtig om vir Ian te vra om in 'n restaurant te belê en Chris sukkel om van Lee-Ann af weg te bly.

18:30 Getroud Met Rugby: Die Sepie (kykNET): Renate se nuwe lewe voor die kamera skop af. Jade kry nuus oor hulle nuwe kliënt en die spanning tussen Reitz, Sasha en Gideon lei tot 'n argument. Schalk en Iva bespreek die hofsaak.

18:30 7de Laan (SABC2): Vind Diederik sy ander helfte? Pulane se broer kuier by haar in Hillside.

18:30 MasterChef Junior USA (M-Net): 25 van die beste junior MasterChefs ding mee vir die gesogde titel.

18:00 Driekuns (VIA): Drie bekendes wat naam gemaak het in dieselfde bedryf, gesels saam oor hul loopbane en lewens in die intieme geselsprogram.

19:30 Binnelanders (kykNET): Konfrontasies is aan die orde van die dag. Die waarheid maak nie dinge beter vir Annelize nie, terwyl Herman nie beïndruk is met Conrad nie. Deon is verward oor sy opdragte, en dit wil voorkom of ou liefde nie roes nie.

19:30 Grey’s Anatomy (M-net): ‘n Drama wat die ervarings van ‘n groep dokters en verpleegsters volg.

20:00 Jou Show (kykNET): Hannah Grobler en Liza Brönner kuier in die ateljee en vertel onder meer oor gemeenskap- en liefdadigheidswerk. Liza Brönner vermaak ook die gehoor met een van haar enkelsnitte.

20:30 Vinkel En Koljander (KykNET): Riyaan word 40, maar dié mylpaal in sy lewe ontaard in 'n wedywering tussen sy ma en sy vrou oor wat kwansuis sy gunsteling geregte is. Erik daag onverwags op by die Solomons-woning.

21:00 Leef Jou Reis – Met Gerrie Pretorius (kykNET): Ons delf deur Praag, een van die mooiste stede van Europa. Ons bekyk 'n katedraal wat uit mensbeendere gebou is, bad in bier, en wys jou die grootse middel-eeuse kasteel ter wêreld.

21:30 Verslag (kykNET): ‘n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

22:00 kykNet Aktueel – Prontuit (kykNET): Ons gesels met Xolisa Qunta oor die boek Writing What We Like en digter Danie Marais kom vertel meer oor die doelwitte van 'n Kans in Afrikaans - met 'n spesifieke fokus op die Universiteit van Stellenbosch se taalbeleid.