Dit is vanaand op die kassie:

16:30 Op die Spyskaart (VIA):Sjef Johannes de Bruijn van die Winehouse-restaurant moet die moeilike besluit maak om te kies wie van die twee deelnemers se gereg op sy spyskaart gaan verskyn. Amori staan reg om te help.

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Roer! (kykNET): Vanessa Haywood het gesorg vir baie drama in hierdie jaar se Survivor, maar dinge verloop aansienlik gladder in die kombuis. Gesonde huiskos sonder fieterjasies.

17:30 Inspirasiekos met Sarie (VIA): Pure plaaskos via Herman, die stadskok. Die talentvolle SARIE-kosredakteur, Herman Lensing, is op soek na ons beste bestanddele. Hy ontmoet die passievolle persoonlikhede agter die bestanddele – en kook dan ’n feesmaal!

18:00 The Goldbergs (M-Net): Leef jou weer in die 80’s in met hierdie wilde familie en leef saam met hulle die lewe se struikelblokke en hoogtepunte uit.

18:00 Suidooster (kykNET): Die geheim is uit, en AB sukkel om te aanvaar dat Bianca Mymoena se dogter is. Nicole stem in dat Tim haar uitneem, maar hy weet nie waarheen om haar te vat nie. Bridgette wil weer by Suidooster Eiendomme begin werk.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Carina is nog nie haarself nie, maar Wouter druk voort om haar op te beur. Vicky is opgewonde oor haar ontwerpe vir Liam en maak 'n besluit oor haar en Stef se verhouding. Liam plaas druk op Saskia om haar kant te bring.

18:30 7de Laan (SABC2): Is daar nuwe liefde vir Willem op pad? Vanessa vetrou haar man ten volle, maar maak die liefde haar blind vir sy foute?

18:30 Planet's Got Talent (M-Net): Die mees talentvolle diere en mense neem deel aan dié veelsydige talentprogram.

19:00 Helix (M-Net Edge): In hierdie gruwelreeks hou die uitbreek van 'n virus in die Arktiese streek 'n groot gevaar vir die mensdom in.

19:30 Binnelanders (kykNET): Tertius is gefrustreerd met Nina se skool situasie, terwyl Jana die water probeer toets met Bart. Mia en Rian sê mekaar die stryd aan en die kompetisie lewer 'n wenner op. At het geen idee hoe om sy vermoede te bewys nie.

19:30 The Astronaut Wives Club (M-net): Dié drama wat in die 1960's afspeel, gaan oor die lewe van die vroue en meisies van die ruimtevaarders van die Mercury-sending.

20:00 Defiance (M-Net Edge): 'n Loskop groep mense probeer op 'n post-apokaliptiese aarde oorleef.

20:00 Reis na Gister (kykNET): Afrikaanse hip hop-kunstenaar, skrywer, digter, aktivis en gemeenskapsleier - dis hoe die talentvolle Hemelbesem opgesom word. Dié man se voetspore lê in die Kaap en ons was daar om dit saam met hom te volg.

20:00 The Secret Circle (SABC 2): Wanneer Cassie vir Adam vra om haar te help ondersoek instel na haar pa se verlede, lei dit hulle na 'n baie bekende plek.

20:30 Die Munisipaliteit van Gwarra-Gwarra (KykNET): Joe Hall is in die moeilikheid. Hy moet homself nou uit 'n skriftilike waarskuwing uit wurm, as ook uit 'n aanklagte van onnodige geweld op kantoor.

20:30 Agent X (M-Net): In hierdie splinternuwe aksiebelaaide reeks vind die pasaangestelde adjunkpresident van Amerika (Sharon Stone) uit dat as adjunk het sy toegang tot die geheime Agent X wat net aan haar rapporteer.

21:00 Proesstraat (kykNET): Wikus is raakgesien in die DVD winkel en gevra om 'n model te wees in 'n bekende sanger se musiekvideo. Die sanger kom oor om te kyk of hy van Wikus se 'look' hou. Die agies is natuurlik by om die fynere detail te hoor.

21:30 Verslag (kykNET): 'n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

22:00 kykNet Aktueel - Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels 'n politieke inslag het. Die program sluit aan by 'n trotse tradisie van Afrikaanse kritiese joernalistiek.

22:00 Chicago Fire (SABC 3): Volg die avonture van die brandweermanne van die Chicago brandweer deur hierdie intieme kykie na hul persoonlike sowel as professionele lewens.