17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Safari 4×4-Roetes (kykNET): Ons is nog by Rust de Winter voor ons die lang pad aanpak na die Weskus. Na ons nag se kamp op die berg neem ons Petri na die gevreesde Superman hindernis. Hier wys ons hom eers hoe om dit te doen en ry die hindernis self uit.

18:00 Suidooster (kykNET): Bridgette sit haar voet neer oor Jerome en Carmen se verhouding. Rhafiek bespreek sy gevoelings vir Nicole met Bianca, terwyl Rita al meer onveilig in haar eie huis voel. Daar is nog 'n voorval by die sentrum.

18:30 Getroud Met Rugby: Die Sepie (kykNET): Schalk en Iva raak ernstig oor hul verhouding, terwyl Fafa steeds 'n au pair soek vir Bella. Nina maak 'n plan om fikser te word en Reitz is in die moeilikheid.

18:30 7de Laan (SABC2): Sal Nandi se ouers haar situasie verstaan? Paula neem 'n groot besluit. Die Bruynwaves-span beplan 'n aandjie uit by die nagklub.

18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateurkokke spook dit uit “Down Under”.

18:30 Op Pad met Dana (VIA): Die woordman Dana Snyman gaan op reis deur Suid-Afrika.

19:00 Grimm (M-Net Edge): Die vyfde seisoen van dié gruwelreeks propvol bonatuurlike gediertes het begin.

19:30 Binnelanders (kykNET): Pippa konfronteer vir Tertius, en Ivanka het raad vir die mans in haar lewe. Morné beland in kookwater en Rian haal sy humeur uit op Conrad. Ilse raak agterdogtig oor 'n vriendskap en Annelize staan nie terug vir die mans nie.

19:30 Grey’s Anatomy (M-net): ‘n Drama wat die ervarings van ‘n groep dokters en verpleegsters volg.

20:00 Jou Show (kykNET): Celeste Matthews en Pascual Wakefield kom deel stories oor hulle rolle in die nuwe kykNET komedie, 'Vinkel En Koljander', terwyl die sanggroep Saarkie die gehoor vermaak met een van hulle enkelsnitte.

20:30 Vinkel En Koljander (KykNET): Ontmoet die Solomons-gesin van Harfield, Kaapstad. Cheryl, is 'n Franse cuisine sjef, wat 'n kombuis deel met Neesha, haar skoonma wat spesialiseer in Kaap-Maleise kookkuns. Riyaan is Cheryl se man en Neesha se seun.

21:00 Leef Jou Reis – Met Gerrie Pretorius (kykNET): Reunion eiland se aktiewe vulkaan spoeg rooi warm lawa uit en ons gaan wys jou hoe dit van nader lyk. Ons gaan verken 'n grot wat gevorm is deur lawa, stap op 'n lawa pad en kyk hoe nuwe lewe en nuwe land daardeur gevorm word.

21:30 Verslag (kykNET): ‘n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

22:00 kykNet Aktueel – Insig (kykNET): Ons leef langer, maar die die aftree-ouderdom bly steeds daal. Hoe nou gemaak as ons vir veertig jaar lank werk en vir dertig jaar afgetree is? Waar sal ons geld vandaan kom? Ronald King en Johannelie Knoetze is in die ateljee.

22:00 CSI: Miami (SABC 3): ‘n Voormalige speurder lei ‘n groep mense wat ondersoek instel op misdade.