Dit is vanaand op die kassie:

16:30 Op die Spyskaart (VIA): Sel et Poivre-restaurant se Coco Reinhardz beoordeel twee deelnemers se borde kos en hy moet die moeilike besluit maak om te sien of een van hulle disse op sy spyskaart verskyn.

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Roer! (kykNET): Gert-Johan Coetzee is een van ons land se voorste mode-ontwerpers en is glad nie onbekend met volstruisleer en volstruisvere nie, maar nou wys hy sy slag in die kombuis met, onder meer, volstruisvleis.

17:30 Inspirasiekos met Sarie (VIA): Pure plaaskos via Herman, die stadskok. Die talentvolle SARIE-kosredakteur, Herman Lensing, is op soek na ons beste bestanddele. Hy ontmoet die passievolle persoonlikhede agter die bestanddele – en kook dan ’n feesmaal!

18:00 Brood en Botter (VIA): Sjef Bertus Basson is op soek na ’n entrepreneur wat ’n perseel wen by Paarlse kos-emporium Spice Route. Vandag leer die drie spanne meer oor die geheime van logo-ontwerp in die Woodstock-ateljee van die byderwetse grafiese ontwerper Vicki Peter van Jane Says.

18:00 Suidooster (kykNET): AB probeer hard om die situasie met Bianca te verwerk, maar voel Rhihaaz moet weet wat aangaan. Die liefde blom steeds tussen Nicole en Tim. Jerome raak moeg vir Bridgette wat konstant oor sy skouer loer.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Stef en Vicky is gespanne - hulle hoor vandag of hy pa word of nie. Fritz keer dat Neels vir Lida uitneem vir ete. Die spanning tussen Wouter en Carina neem toe. Eben probeer 'n hegter verhouding met Wouter smee.

18:30 7de Laan (SABC2): Vandag is 'n belangrike dag in die hof vir Xander. Altus kom op vir Paula.

18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateurkokke spook dit uit "Down Under".

19:00 Grim (M-Net Edge): Die vyfde seisoen van dié gruwelreeks propvol bonatuurlike gediertes het begin.

19:30 Binnelanders (kykNET): Karli is vies vir Ivanka en 'n storie begin loop dat Pippa swanger is. Adelyn is onsteld oor iets wat Tertius gedoen het en At deel nog 'n skriftelike waarskuwing uit. Rossouw hou 'n dokter dop.

19:30 The Astronaut Wives Club (M-net): Dié drama wat in die 1960's afspeel, gaan oor die lewe van die vroue en meisies van die ruimtevaarders van die Mercury-sending.

20:00 Defiance (M-Net Edge): 'n Loskop groep mense probeer op 'n post-apokaliptiese aarde oorleef.

20:00 Reis na Gister (kykNET): Reuben Riffel is 'n man wat die kuns van kosmaak volmaak het. Dié bekende Suid-Afrikaner het deesdae restaurante regoor die Wes-Kaap. Sy reis begin in die Groendal-vallei naby Franschhoek.

20:00 The Secret Circle (SABC 2): Wanneer Cassie vir Adam vra om haar te help ondersoek instel na haar pa se verlede, lei dit hulle na 'n baie bekende plek.

20:00 The Office (SABC 3): Die mannewales van 'n loskopkantoor word in die skreeusnaakse komediereeks vertel.

20:30 Die Munisipaliteit van Gwarra-Gwarra (KykNET): oe tree op as Mevrou Februarie se lyfwag en Vonkiedool word aangestel as die waarnemende hoof van die munisipaliteit. Die aanstelling gaan reguit na sy kop toe en hy word 'n verskriklike hardekwas hoof wat almal hiet en gebied.

20:30 Agent X (M-Net): In hierdie splinternuwe aksiebelaaide reeks vind die pasaangestelde adjunkpresident van Amerika (Sharon Stone) uit dat as adjunk het sy toegang tot die geheime Agent X wat net aan haar rapporteer.

21:00 Proesstraat (kykNET): Wikus dink die pelle het bietjie hulp nodig om hulle uit hulle 'middelrif-krisis' uit te help en vra 'n kenner om vir hulle idees te gee oor hoe om steeds jonk en gelukkig te voel.

21:30 Verslag (kykNET): 'n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

22:00 kykNet Aktueel - Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels 'n politieke inslag het. Die program sluit aan by 'n trotse tradisie van Afrikaanse kritiese joernalistiek.

22:00 Chicago Fire (SABC 3): Volg die avonture van die brandweermanne van die Chicago brandweer deur hierdie intieme kykie na hul persoonlike sowel as professionele lewens.