Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:00 Skole Top 10 (kykNET): Ons kuier by Hoër Volkskool Graaff-Reinet, die eerste Afrikaanse Hoërskool in die Kaapland. Die Volkies het al talle bekendes opgelewer. Verwag 'n lekker verskeidenheid Afrikaanse musiek.

17:30 QI (BBC BRIT): Die slimkoppe onder ons moet naderskuif vir ure se vermaak en inligting saam met Stephen Fry. Dis pret en jy leer iets.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Vincent en Monique besef dat hulle versigtiger sal moet wees. Stef probeer Saskia oorreed om hom nog 'n kans te gee. Liam se donkerste geheim uit sy verlede kom aan die lig wat Hanna se lewe moontlik in gevaar stel.

18:30 7de Laan (SABC2): AKing speel in Hillside en almal is in rep en roer. Gaan Anna agter die kap van die byl kom?

19:30 Binnelanders (kykNET): Sara het geen ander keuse as om deel te wees van Adam se plan nie. Ivanka probeer steeds vriende maak met Bronwyn, en Daleen probeer Sara se adres in die hande kry. Steve en Bronwyn voel skuldig oor wat hulle aan Lexi doen.

19:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

19:30 Power Couple SA (M-Net): Paartjies ding mee in 'n reeks uitdagings in die trant van Fear Factor en Survivor. Die punt van die spel is om te kyk hoe goed die paartjies mekaar ken.

20:00 Bravo! (kykNET): Ons kuier by aanbieder en aktrise Nadia Beukes op die Sterlopers-stel. Ons loer in by 'n Oud-Springbok se restaurant in Mauritius, en sien ook wat op die Jou Show stel gebeur.

20:00 Turn: Washington's Spies (M-Net Edge): Jamie Bell (Billy Elliot) vertolk die hoofrol in hierdie geskiedkundige drama vol intrige en spioenasie wat tydens die Amerikaanse Vryheidsoorlog afspeel.

20:00 Ons Stories (kykNET & Kie): Nuwe én ervare storievertellers kry die kans om die pen op te neem, terwyl groentjies ook ingespan word vir die verfilming van elke storie.

20:30: Boer soek 'n vrou (kykNET): Nadia lewer die tien boere se briewe by hulle af. Die possakke bult behoorlik met foto's, briewe en geskenkies. Die vyf boere wat die meeste briewe kry, moet elkeen tien vroue kies wat hulle tydens 'n blitsafspraak wil ontmoet.

20:30 You Must Be Joking Too! (e.tv): Meer kamerapoetse van die gewilde Leon Schuster.

21:00 Empire (FOX): Cookie en Anika werk in die geheim agter Lucious se rug.

21:00 Girl Eat World (SABC3): Masterchef SA-wenner Kamini Pather besoek tien van die wêreld se beste stede opsoek na die beste kos.

21:30 The Night Shift (M-Net): Vanaand moet TC, Jordan en Paul improviseer om 'n groep slagoffers van mensehandel te red.

22:00 Supernatural (SABC3): In hierdie fantasiereeks moet die broers Sam and Dean bonatuurlike wesens soos spoke en vampiere beveg.

22:00 kykNET Aktueel - Flits (kykNET): Kim Cloete, Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en enrgieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.