16:30 'n Ander Wêreld - Met Coenie (kykNET & kie): Daar is nog net 'n paar honderd handlynvissers in Suid-Afrika oor. Coenie de Villiers gaan kuier al langs die Weskus by hierdie waarlik bedreigde spesie, gaan vang saam vis en bly saam met die vissers.

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:00 Familiefoto (VIA): Die Lonmons word deur ons energieke mooimaakspan onder hande geneem en fotograaf Lisa Skinner leer die kykers hoe sy te werk gaan om hulle perfekte, kreatiewe portret op film vas te lê.

17:30 Skoonma-Se-Tong (VIA): ’n Man proe geblinddoek sy vrou en ma se kos – en moet dan sy gunsteling kies. Peter Morey, sy ma Berry en sy vrou Rykie is in Amor Vittone se kombuis.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Carina probeer die wêreld in die oë kyk, maar hou nie van wat sy sien nie. Kotie neem haastig afskeid en stuur amper weer vir Gerhard in die proses die ewigheid in. Dis 'n groot dag vir Vicky .

18:30 7de Laan (SABC2): Altus bewaar geheime en oom Oubaas kry skokkende nuus.

18:30 Planet's got Talent (M-Net): Besonderse talentvolle mense en diere neem van reg oor die wêreld aan dié talentkompetisie deel.

19:30 Binnelanders (kykNET): Mia het nie veel van 'n keuse wanneer dit kom by die robotika-projek nie en Bart soek inligting oor At. Pippa wil met Rian praat oor Daleen, en Bart maak Adler 'n aanbod wat hy nie kan weier nie.

19:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

20:00 Bravo! (kykNET): Ons kuier by akteur Marcel van Heerden, gaan saam met Stefan Ludik na een van sy konserte en sien dan wie daag op by die première van die nuwe fliek, Paw-Paw Vir My Darling.

20:00 The Last Kingdom (M-Net Edge): In die negende eeu word die Saxon-prins Uhtred deur die Viking-hoof Earl Ragnar grootgemaak.

20:00 Geel trui vir 'n wenner (kykNET & Kie): 'n Jong man moet oornag leer hoe om die wrede werklikheid van die grootmenslewe te hanteer.

20:30 Republiek van Zoid Afrika (kykNET): President Karen skop hierdie reeks af met Sandra Prinsloo en Snotkop.

20:30 Oh Schucks... Here comes U.N.T.A.G. (e.tv): Leon Schuster vermom hom en bak poetse op niksvermoedende mense.

21:00 Show me a Hero (M-Net Edge): Die burgemeester Nick Wasicsko moet in die 1980's 'n manier vind om redelik goedkoop huise in 'n middelklasbuurt in New York te laat oprig in hierdie pryswennende reeks deur die skrywer van The Wire.

20:30 Lorraine's Pascale's Cooking made easyLast Minute Christmas (SABC3): Lorraine Pascale deel resepte en idees met kykers.

21:30 Supernatural (SABC3): In hierdie fantasiereeks moet die broers Sam and Dean bonatuurlike wesens soos spoke en vampiere beveg.

22:00 kykNET Aktueel - Flits (kykNET): Kim Cloete, Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en enrgieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.