Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:00 Skole Top 10 (kykNET): Ons weet almal dat Grey Kollege bekend is vir hulle sportprestasies, maar hoe lyk 'n skool wat al vir 160 jaar bestaan se matriekafskeid? Trek jou beste rok of pak aan vir 'n 'Funky Black Tie'-aand met die beste musiek.

17:30 QI (BBC BRIT): Die slimkoppe onder ons moet naderskuif vir ure se vermaak en inligting saam met Stephen Fry. Dis pret en jy leer iets.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Stef moedig Saskia aan om Monique te ondersteun. Liam manipuleer Marius om finaal teen al sy vriende te draai. Chubby smeek vir Cardo se vergifnis. Uiteindelik kry Liam Marius waar hy hom wil hê.

18:30 7de Laan (SABC2): Het Aggie die liefde van haar lewe opgespoor? Kim is opsoek na 'n nuwe woonstelmaat.

19:30 Binnelanders (kykNET): Naomi se goeie idee kan op 'n ramp afstuur. 'n Hysbak is 'n ongemaklike plek vir twee mense, en dit word gou duidelik dat Steve se probleme maar nou eers begin het.

19:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

19:30 Power Couple SA (M-Net): Paartjies ding mee in 'n reeks uitdagings in die trant van Fear Factor en Survivor. Die punt van die spel is om te kyk hoe goed die paartjies mekaar ken.

20:00 Bravo! (kykNET): Binnelanders vier 'n dekade op die lug, en ons woon die partytjie by. Ons is agter die skerms van Sorina Erasmus se nuwe musiekvideo en die Flooze is vir eers nie in sig nie. En ons hou makietie in Middelburg.

20:00 Turn: Washington's Spies (M-Net Edge): Jamie Bell (Billy Elliot) vertolk die hoofrol in hierdie geskiedkundige drama vol intrige en spioenasie wat tydens die Amerikaanse Vryheidsoorlog afspeel.

20:00 Ons Stories (kykNET & Kie): Nuwe én ervare storievertellers kry die kans om die pen op te neem, terwyl groentjies ook ingespan word vir die verfilming van elke storie.

20:30: Boer soek 'n vrou (kykNET): Die boere leer hul kuiergaste beter ken. Hy stel hulle aan die plaaslewe bekend en wys wat sy boerdery behels. Die drie vroue moet die boer beïndruk, maar terselfdertyd hulself afvra of hulle gereed is om 'n boer se vrou te wees.

20:30 Enough (e.tv): 'n Vrou leer selfverdedigingstegnieke sodat sy teen haar bullebak-man kan terugbaklei in die rolprent met Jennifer Lopez.

21:00 Masters of Sex (M-Net Edge): Libby konfronteer vanaand die waarheid oor haar eie lewe. Tessa knoop 'n verhouding aan met haar verkragter.

21:00 Girl Eat World (SABC3): Masterchef SA-wenner Kamini Pather besoek tien van die wêreld se beste stede opsoek na die beste kos.

21:30 The Night Shift (M-Net): Vanaand moet Drew sy vriend se vrou se lewe red.

21:30 Supernatural (SABC3): In hierdie fantasiereeks moet die broers Sam and Dean bonatuurlike wesens soos spoke en vampiere beveg.

22:00 kykNET Aktueel - Flits (kykNET): Kim Cloete, Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en enrgieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.