Dit is vanaand op die kassie:

16:30 ‘n Ander Wêreld – Met Coenie (kykNET & kie): Die Karoo is 'n aangrypende landskap. Ons reis deur woord en landskap, met die skrywers Etienne van Heerden en Deon Meyer aan die stuur.

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:00 Familiefoto (VIA): Die Strauss-gesin word deur ons energieke mooimaakspan onder hande geneem en fotograaf Lisa Skinner leer die kykers hoe sy te werk gaan om hulle perfekte, kreatiewe portret op film vas te lê.

17:30 Skoonma-Se-Tong (VIA): ’n Man proe geblinddoek sy vrou en ma se kos – en moet dan sy gunsteling kies. Cobus Venter, sy ma Susan en sy vrou Estelle is in Amor Vittone se kombuis.

18:00 Reis na Gister (kykNET): Reuben Riffel is 'n man wat die kuns van kosmaak volmaak het. Dié bekende Suid-Afrikaner het deesdae restaurante regoor die Wes-Kaap. Sy reis begin in die Groendal-vallei naby Franschhoek.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Fritz het iets om met Lida te deel, maar elke keer val iets voor. Stef maak reg met Vicky, maar dan gebeur iets wat al sy planne in die wiele ry. Celine betrek Cardo om hulle vriende weer te versoen, maar dit boemerang.

18:30 7de Laan (SABC2): Charmaine probeer die familie opbeur. Matrone steek haar neus in ander se sake.

18:30 Master Chef Australia (M-Net): Amateurkokke van “doer onder” moet dit uitspook in die kombuis om die beoordelaars te beïndruk.

19:30 Binnelanders (kykNET): Mia neem 'n besluit oor haar rol in Christiaan se lewe, terwyl twee verpleegsters in die diepkant beland wanneer Karli 'n skielike besluit neem. Gustav het sy mes in vir Ivanka.

19:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

19:30 Voetspore (SABC2): Dallol is bekend as die warmste plek in die wêreld. Dis ook hier waar die Afari-stam sout myn en dit met kameelkaravane vervoer.

20:00 Bravo! (kykNET): Ons kuier by die veelsydige aktrise Angelique Gerber. Cheree Strydom vertel ons van haar gewigstryd en oorwinning, en dan kuier ons saam met Bobby van Jaarsveld by The Voice!

20:00 The Last Kingdom (M-Net Edge): In die negende eeu word die Saxon-prins Uhtred deur die Viking-hoof Earl Ragnar grootgemaak.

20:00 Eendag Op 'n Reëndag (kykNET & Kie): 'n Menslike drama gebaseer op die radio-vervolgverhaal 'Die Rossouws Van La Rochelle'.

20:30 Republiek van Zoid Afrika (kykNET): Die Republiek word besoek deur etiket koningin Emsie Schoeman, Suzelle DIY en Les Javan.

20:30 The One (e.tv): 'n Ruimte polisieman reis deur parallelle heelalle op soek na 'n moorddadige weergawe van homself.

21:00 Show me a Hero (M-Net Edge): Die burgemeester Nick Wasicsko moet in die 1980's ‘n manier vind om redelik goedkoop huise in ‘n middelklasbuurt in New York te laat oprig in hierdie pryswennende reeks deur die skrywer van The Wire.

20:30 Lorraine’s Pascale’s Cooking made easy (SABC3): Lorraine Pascale deel resepte en idees met kykers.

21:30 Supernatural (SABC3): In hierdie fantasiereeks moet die broers Sam and Dean bonatuurlike wesens soos spoke en vampiere beveg.

22:00 kykNET Aktueel – Flits (kykNET): Plaaslike model, Mieke Visser kom kuier in die ateljee, die jong fliekmaker Nathan Rice kom praat oor die sukses van sy kortfliek 'Homeless' en Riaan Grobler bespreek taalfoute wat mense onwetend maak.