16:30 ‘n Ander Wêreld – Met Coenie (kykNET & kie): Coenie besoek die groot mynmaatskappye wat diamante ontgin en stel ons voor aan die mense opsoek na onwykende fortuin.

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Skoonma-Se-Tong (VIA): ’n Man proe geblinddoek sy vrou en ma se kos – en moet dan sy gunsteling kies. Andries Potgieter, sy peetma, en vrou, Sya, is in Amor Vittone se kombuis.

18:00 Reis na Gister (kykNET): Derick Hougaard is 'n boorling van Citrusdal in die Wes-Kaap. Dié talentvolle losskakel het almal beïndruk met sy skopskoen. Aan die voet van die Cederberge in die Olifantriviervallei, is wat hom mens gemaak het.

18:00 Wie’s my liefie? (VIA): Jakaranda FM se gewilde Martin Bester speel Cupido sodat enkellopendes liefde kan vind in die speletjiesprogram.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Fritz en Lida vertel vir die Villa se mense hulle goeie nuus, maar dan noem Lida iets wat 'n demper op hulle geluk plaas. Saskia speel 'n gevaarlike speletjie met Liam, terwyl Cardo steeds al nader aan Celine kom.

18:30 7de Laan (SABC2): Xander is desperaat om Bonita uit die gemors te help. Nandi en Bernard vergewe mekaar.

18:30 Master Chef Australia (M-Net): Amateurkokke van “doer onder” moet dit uitspook in die kombuis om die beoordelaars te beïndruk.

19:30 Binnelanders (kykNET): Die swangerskaptoets se uitslae is bekend. Naomi sit haar voet neer, en Rian en Pippa se verhouding word beïnvloed. At maak dit duidelik dat hy die afperser wil sien en Karli besef wat fout is met Herman.

19:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

19:30 50/50 (SABC2): ‘n Geselsprogram wat handel oor ernstige omgewingskwessies.

20:00 Bravo! (kykNET): Ons begin met 'n kuier saam met Minki van der Westhuizen, haar ma en nog twee bekende gaste, maak 'n draai by die KKNK se bekendstelling vir 2016 en die akteur Gerard Rudolf praat met ons oor sy loopbaan en die nuwe fliek.

20:00 Ons Stories (kykNET & Kie): 'n Talentvolle jong rugbyspeler moet sy diepste geheim aan sy gesin blootlê, maar sy pa lê op sy sterfbed. Dis dalk te veel gevra om aanvaarding en begrip van hulle te verwag.

20:00 Gold Diggers (e.tv): Patrick Gumede betree die onwettige mynwese industrie.

20:30 Republiek van Zoid Afrika (kykNET): Liriekeraai-liefling Pedro Kruger kom kuier saam met die lieflike Carike Keuzenkamp.

20:30 Lorraine’s Fast, Fresh And Easy Food (SABC3): Lorraine Pascale deel resepte en idees met kykers.

21:30 Supernatural (SABC3): In hierdie fantasiereeks moet die broers Sam and Dean bonatuurlike wesens soos spoke en vampiere beveg.

22:00 kykNET Aktueel – Flits (kykNET): Jakkie Louw kom kuier in die ateljee, ons vind uit hoe die stroomdiens Liedjie werk, Fanie Cronjé kom praat oor wat die bekendes by die jaar se Oscars gedra het en ons kyk hoe die nuwe kroon vir Mej Suid-Afrika lyk.