Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:00 Skole Top 10 (kykNET): Ons is in die Wes-Kaap in die wynlande van Stellenbosch vir Hoërskool Stellenbosch se matriekafskeid. 'Antieke Griekeland' is die tema van die aand en hierdie is 'n legende wat jy nie wil misloop nie.

17:30 QI (BBC BRIT): Die slimkoppe onder ons moet naderskuif vir ure se vermaak en inligting saam met Stephen Fry. Dis pret en jy leer iets.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Marius beland in die sop en Liam speel sy speletjie met volle oorgawe. Eben probeer vir Vicky verras, maar sy tydsberekening is sleg. Saskia is op die punt om haar sin te kry. Monique en Vincent het verskillende agendas.

18:30 7de Laan (SABC2): Thinus besoek vir Marko, maar gaan Anna vrede met Marko se verlede kan maak? Bonita en Charmaine ondersteun Felicity.

19:30 Binnelanders (kykNET): Adelyn se koue skouer lei tot iemand wat hul planne bekend maak. Steve kry goeie raad by sy skoonpa se prokureur, en daar is alweer groot moles in die Ferreira-huishouding.

19:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

19:30 Power Couple SA (M-Net): Paartjies ding mee in 'n reeks uitdagings in die trant van Fear Factor en Survivor. Die punt van die spel is om te kyk hoe goed die paartjies mekaar ken.

20:00 Bravo! (kykNET): Legendariese sanger, Randall Wicomb, stel sy biografie bekend. Ons kuier op die nuwe rolprent, 'Verskietende Ster', se filmstel. En ons draai by die jaarlikse Rooi Rose tee vir KANSA.

20:00 Turn: Washington's Spies (M-Net Edge): Jamie Bell (Billy Elliot) vertolk die hoofrol in hierdie geskiedkundige drama vol intrige en spioenasie wat tydens die Amerikaanse Vryheidsoorlog afspeel.

20:00 Ons Stories (kykNET & Kie): Nuwe én ervare storievertellers kry die kans om die pen op te neem, terwyl groentjies ook ingespan word vir die verfilming van elke storie.

20:30: Boer soek 'n vrou (kykNET): Ons maak 'n draai op die plase voordat die dames arriveer. Dit is 'n spanningsvolle tyd vir die boere. Hulle bespreek strategie en hulle gevoelens met Nadia. Dan kom die dames op die plaas aan, en die boer sit sy beste voet voor.

20:30 Gothika (e.tv): 'n Psigiater word ná 'n motorongeluk wakker as 'n pasiënt in die psigiatriese hospitaal waar sy gewerk het, met geen herinnerings van wat gebeur het nie.

21:00 Masters of Sex (M-Net Edge): The Good Wife se Josh Charles sluit aan aas die parfuummagnaa Dan Logan, wat seks in 'n bottel wil vasvang.

21:00 Empire (FOX): Lucious en Cookie sit hul verskille opsy en werk saam om hul familie te beskerm.

21:00 Girl Eat World (SABC3): Masterchef SA-wenner Kamini Pather besoek tien van die wêreld se beste stede opsoek na die beste kos.

21:30 The Night Shift (M-Net): Vanaand val 'n gebou in mekaar en 'n geheimsinnige dokter red die dag.

21:30 Supernatural (SABC3): In hierdie fantasiereeks moet die broers Sam and Dean bonatuurlike wesens soos spoke en vampiere beveg.

22:00 kykNET Aktueel - Flits (kykNET): Kim Cloete, Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en enrgieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.