Dit is vanaand op die kassie:

16:30 'n Ander Wêreld - Met Coenie (kykNET & kie): Coenie versnel saam met 'n petrolkop in 'n sportmotor, gaan kyk agter die skerms van die jaarlikse Rhino Rally, en staan by wanneer die Guiness-rekord gebreek word vir jaag deur 'n tonnel van vuur.

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:00 Familiefoto (VIA): Die Jackson-gesin word deur ons energieke mooimaakspan onder hande geneem en fotograaf Lisa Skinner leer die kykers hoe sy te werk gaan om hulle perfekte, kreatiewe portret op film vas te lê

17:30 Skoonma-Se-Tong (VIA): ’n Man proe geblinddoek sy vrou en ma se kos – en moet dan sy gunsteling kies. Diaan Daniels, sy ma Susan en sy man Shaun Murphy is in Amor Vittone se kombuis

18:00 Reis na Gister (kykNET): André Schwartz is 'n kunstenaar wie se talent veel verder strek as net sing. Hoewel hy die verhoog as een van sy tuistes beskou, het André Jak na Stellenbosch geneem om meer oor sy herkoms uit te vind.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Monique stel 'n finale eis wat Liam dwing om met 'n nuwe plan vorendag te kom. Neels en Lida se verhouding slaan 'n nuwe rigting in en vang Fritz onkant. Vicky eis van Stef om Saskia te toets oor die vaderskap-uitslae.

18:30 7de Laan (SABC2): Maria is op die oorlogspad: sy sal nie toelaat dat iemand Hilda so behandel nie! Marko verlang na Thinus.

18:30 Master Chef Australia (M-Net): Amateurkokke van "doer onder" moet dit uitspook in die kombuis om die beoordelaars te beïndruk.

19:30 Binnelanders (kykNET): 'n Gesondheidsontbyt vererger 'n situasie, terwyl vrede in Tonik bedien word. Christiaan se migraine laat Mia twyfel of dit net 'n allergie is en At kry snuf in die neus wanneer hy Maggie se naam hoor.

19:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

20:00 Bravo! (kykNET): Ons maak 'n draai by die 10-jaar viering van Die Boer, 'n gewilde teater-restaurant in Durbanville. Ons kuier by die radio- en TV-aanbieder Martin Bester en dan gooi ons 'n glinsterende Kaapse draai by die Queen's Plate 2016.

20:00 The Last Kingdom (M-Net Edge): In die negende eeu word die Saxon-prins Uhtred deur die Viking-hoof Earl Ragnar grootgemaak.

20:00 Debbie (kykNET & Kie): Debbie is 'n plattelandse meisie wat swanger raak. Sy kry dan eerstehandse kennis oor die vooroordele van mense en die probleme wat haar as ongehude moeder in die oë staar.

20:30 Republiek van Zoid Afrika (kykNET): President Karen gesels met haar land se gunsteling denkers, dromers, besluitnemers en ander merkwaardige mense. Juanita du Plessis val in vir 'n geselsie, asook Adriana Marais.

20:30 Meltdown (e.tv): 'n Lyfwag en waaghals-dubbelganger vir 'n aksiester moet sy verlede trotseer en sy baas red wanneer hulle in 'n juweelrooftog betrokke raak.

21:00 Show me a Hero (M-Net Edge): Die burgemeester Nick Wasicsko moet in die 1980's 'n manier vind om redelik goedkoop huise in 'n middelklasbuurt in New York te laat oprig in hierdie pryswennende reeks deur die skrywer van The Wire.

20:30 Lorraine's Pascale's Cooking made easy (SABC3): Lorraine Pascale deel resepte en idees met kykers.

21:30 Supernatural (SABC3): In hierdie fantasiereeks moet die broers Sam and Dean bonatuurlike wesens soos spoke en vampiere beveg.

22:00 kykNET Aktueel - Flits (kykNET): Kim Cloete, Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en enrgieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.