Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:00 Skole Top 10 (kykNET): Ons kuier by Hoërskool Piet Retief in Mpumalanga. Die dorpie se geskiedenis dateer terug tot 1883 en dus kan mens 'n skool propvol tradisies en geskiedenis verwag.

17:30 QI (BBC BRIT): Die slimkoppe onder ons moet naderskuif vir ure se vermaak en inligting saam met Stephen Fry. Dis pret en jy leer iets.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Vicky maak 'n besluit aangaande Bakgat se toekoms. Liam maak sy volgende skuif. Eben is verlig omdat Braam oënskynlik nie 'n wrok dra nie en Celine se afspraak met Alex het 'n onverwagse nadraai.

18:30 7de Laan (SABC2): Bonita en Venessa word betrek by die familievete. Ty se sabotasieplan teen Gita begin in plek val.

19:30 Binnelanders (kykNET): Bronwyn is op die oorlogspad wanneer die nuus oor Lexi die Abrahams-huishouding bereik. Twee vriendinne praat eerlik met mekaar in Tonik, en Jana en Mia se nuwe vriendskap is dalk iets van die verlede.

19:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

19:30 Power Couple SA (M-Net): Paartjies ding mee in 'n reeks uitdagings in die trant van Fear Factor en Survivor. Die punt van die spel is om te kyk hoe goed die paartjies mekaar ken.

20:00 Bravo! (kykNET): Dis die jaarlikse Pioneer Rally, ten bate van die Pionierskool vir siggestremdes op Worcester. En Kaapstad se internasionale gemeenskap hou opskop by die Konsulêre Bal. Komediant Schalk Bezuidenhout praat oor sy loopbaan.

20:00 Turn: Washington's Spies (M-Net Edge): Jamie Bell (Billy Elliot) vertolk die hoofrol in hierdie geskiedkundige drama vol intrige en spioenasie wat tydens die Amerikaanse Vryheidsoorlog afspeel.

20:00 Ons Stories (kykNET & Kie): Nuwe én ervare storievertellers kry die kans om die pen op te neem, terwyl groentjies ook ingespan word vir die verfilming van elke storie.

20:30: Boer soek 'n vrou (kykNET): Dit is die laaste dag op die plaas. Die spanning laai op, want elke boer moet binnekort weer 'n keuse maak. Dit is die vroue se laaste kans om die boer se hart te wen.

20:30 Horrible Bosses (e.tv): Drie vriende wat met aaklige base opgeskeep sit, besluit om iets daaromtrent te doen.

21:00 Masters of Sex (M-Net Edge): Vanaand word Masters en Johnson deur joernaliste van Newsweek besoek.

21:00 Girl Eat World (SABC3): Masterchef SA-wenner Kamini Pather besoek tien van die wêreld se beste stede opsoek na die beste kos.

21:30 The Night Shift (M-Net): Vanaand word Gwen se verlede onthul.

21:30 Supernatural (SABC3): In hierdie fantasiereeks moet die broers Sam and Dean bonatuurlike wesens soos spoke en vampiere beveg.

22:00 kykNET Aktueel - Flits (kykNET): Kim Cloete, Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en enrgieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.