16:30 ‘n Ander Wêreld – Met Coenie (kykNET & kie): Ons kuier saam met die noodwerkers wat met loeiende sirenes mense by ongelukstonele bystaan, en wat doodstonele ontsmet en letterlik weer leefbaar maak.

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Skoonma-Se-Tong (VIA): ’n Man proe geblinddoek sy vrou en ma se kos – en moet dan sy gunsteling kies. Met Amor Vittone as aanbieder.

18:00 Reis na Gister (kykNET): Adam Tas, die sanger met die rasperstem, se lirieke handel meestal oor dinge wat hom as mens diep raak. Adam wys die span watter deel van die Afrika grond na aan sy hart lê.

18:00 Wie’s my liefie? (VIA): Jakaranda FM se gewilde Martin Bester speel Cupido sodat enkellopendes liefde kan vind in die speletjiesprogram.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Liam maak dit duidelik aan Saskia dat hy sy oog op Vicky het en dat sy vir Stef moet besig hou, maar Saskia weier. Fritz nooi Lida opera toe en vra vir Celine om van haar take oor te neem, maar Lida is glad nie beïndruk nie.

18:30 7de Laan (SABC2): Errol kry slegte nuus. Bonita besef daar is nie omdraaikans nie.

18:30 Master Chef Australia (M-Net): Amateurkokke van “doer onder” moet dit uitspook in die kombuis om die beoordelaars te beïndruk.

19:30 Binnelanders (kykNET): Manipulasie is aan die orde van die dag. Gustav raak gefrustreerd met Jana se kil antwoorde, en Tertius onthul uiteindelik sy diepste wens. Bronwyn kry al die krediet vir 'n groot transaksie.

19:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

19:30 50/50 (SABC2): ‘n Geselsprogram wat handel oor ernstige omgewingskwessies.

20:00 Bravo! (kykNET): Die bekroonde Australiese Sirkus is in die land en ons het gaan kennismaak. Ons maak 'n draai by die dertiende Suidoosterfees se programbekendstelling en ons leer die bekroonde akteur, Jacques Bessenger, beter ken.

20:00 Ons Stories (kykNET & Kie): 'n Man verdien ekstra geld deur skuld in te vorder, maar dan maak hy iemand per ongeluk dood en wil ontslae raak van die lyk. Sake ruk handuit wanneer sy slagoffer uit die dood opstaan.

20:00 Gold Diggers (e.tv): Patrick Gumede betree die onwettige mynwese industrie.

20:30 Republiek van Zoid Afrika (kykNET): Die rock-digter Jan Blohm en omroeper Martelize Brink kuier in die Republiek.

20:30 Lorraine’s Pascale’s Cooking made easy (SABC3): Lorraine Pascale deel resepte en idees met kykers.

21:30 Supernatural (SABC3): In hierdie fantasiereeks moet die broers Sam and Dean bonatuurlike wesens soos spoke en vampiere beveg.

22:00 kykNET Aktueel – Flits (kykNET): Ons praat met Gerard Rudolf oor die nuwe rolprent 'Die Ontwaking' en kyk na produksies wat hierdie jaar by die Woordfees te sien gaan wees. Fanie Cronjé vind meer uit oor nuwe haarstyle vir mans.