Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 VeranderDinge (kykNET): Skakel in vir hierdie geselsprogram met die immergewilde Ruda Landman en Kim Cloete.

17:30 QI (BBC BRIT): Die slimkoppe onder ons moet naderskuif vir ure se vermaak en inligting saam met Stephen Fry. Dis pret en jy leer iets.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Carina neem 'n groot besluit. Liam se terapie-sessies raak meer en meer intens, en Saskia maak dit duidelik aan Fritz dat sy haar verantwoordelikhede besef.

18:30 7de Laan (SABC2): Gaan Dewald se verlede hom inhaal en by hom spook? Slegte nuus wag op die Heights se inwoners.

19:30 Binnelanders (kykNET): 'n Bril en 'n boks speelgoed gee Okkie 'n groot kopseer. Steve se dag begin met groot nuus. Karli voel verskeur tussen haar twee broers, terwyl 'n bedanking en 'n siek kind die dag net meer vertroebel.

19:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

19:30 Power Couple SA (M-Net): Paartjies ding mee in 'n reeks uitdagings in die trant van Fear Factor en Survivor. Die punt van die spel is om te kyk hoe goed die paartjies mekaar ken.

20:00 Bravo! (kykNET): Spesiaal vir Erfenisdag braai die span saam Jan Braai. Ons kuier ook op Tulbagh by die Koekkedoor-stoor vir 'n ete saam met Sarie-lesers.

20:00 Reign (M-Net Edge): In vanaand se episode val Louis die kasteel aan en omring vir Francis in die proses.

20:30: Republiek van Zoid-Afrika (kykNET): Vanaand klets Karen weer 'n hond uit 'n bos uit.

20:30 Paradise Stop (e.tv): 'n Polisieman vind uit sy beste pel sit agter 'n reeks snelwegrooftogte.

21:00 Empire (FOX): Vanaand begin die tweede seisoen. Lucious is gearresteer en is bowendien nie sterwend nie. Jamal is die nuwe Empire-baas en sy broers Hakeem en Andre is glad nie in ekstase nie.

21:00 George Michael: Live in London (SABC3): Die skreeusnaakse komediant se uitverkoopte vertoning wat hy onlangs in Londen aangebied het. Skakel en en lag saam.

21:30 Supernatural (SABC 3): In hierdie fantasiereeks moet die broers Sam and Dean bonatuurlike wesens soos spoke en vampiere beveg.

21:30 The Night Shift (M-Net): Vanaand bring 'n ernstige motorongeluk 'n jong paar pasgetroudes en 'n swanger vrou na die hospitaal.

22:00 kykNET Aktueel - Flits (kykNET): Kim Cloete, Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en enrgieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.