Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:00 Skole Top 10 (kykNET): Ons kuier by een van die bekendste skole in die Noord-Wes se spesiale aand. Potchefstroom Gimnasium nooi jou uit na hulle matriekafskeid.

17:30 QI (BBC BRIT): Die slimkoppe onder ons moet naderskuif vir ure se vermaak en inligting saam met Stephen Fry. Dis pret en jy leer iets.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Marius haal sy slegte bui op Carina uit. Celeste daag op vir 'n kuier, maar sy kry nuus waarop sy onvoorbereid is. Saskia maak 'n aanbod aan Vincent, maar dit het onvoorsiene gevolge.

18:30 7de Laan (SABC2): Sal Herman en Willem mekaar uiteindelik vergewe? Bonita kom agter Matrone is nie haar ou self nie.

19:30 Binnelanders (kykNET): Kobus is klaarblyklik skoonveld, en Tertius is oorgehaal om die wêreld te deursoek. Die broers het teenoorgestelde reaksies op hul suster se metgesel. Skottelgoed en verrassings gaan nie altyd hand aan hand nie.

19:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

19:30 Power Couple SA (M-Net): Paartjies ding mee in 'n reeks uitdagings in die trant van Fear Factor en Survivor. Die punt van die spel is om te kyk hoe goed die paartjies mekaar ken.

20:00 Bravo! (kykNET): Ons vier Rian Crywagen se 70ste verjaarsdag saam met hom. Ons het by hom gaan kuier om 'n bietjie meer oor sy lewe uit te vind en woon ook sy spoggerige 70ste verjaarsdagpartytjie in Johannesburg by.

20:00 Turn: Washington's Spies (M-Net Edge): Jamie Bell (Billy Elliot) vertolk die hoofrol in hierdie geskiedkundige drama vol intrige en spioenasie wat tydens die Amerikaanse Vryheidsoorlog afspeel.

20:00 Ons Stories (kykNET & Kie): Nuwe én ervare storievertellers kry die kans om die pen op te neem, terwyl groentjies ook ingespan word vir die verfilming van elke storie.

20:30: Boer soek 'n vrou (kykNET): Die boere gaan op 'n uitstappie om die vyf vroue wat hulle ná die blitsafsprake gekies het, beter te leer ken. Aan die einde van die dag moet die boer weer kies - net drie vroue mag by hom op die plaas gaan kuier.

20:30 The Fan (e.tv): n Obsessiewe bofbal-aanhanger terroriseer 'n sterspeler wat op die afdraande pad is. Robert de Niro vertolk die hoofrol in dié rillerprent.

21:00 Masters of Sex (M-Net Edge): Vanaand word Bill die dokter van 'n baie hoë-profiel pasiënt.

21:00 Empire (FOX): Cookie en Anika werk saam en hou 'n groot partytjie vir Laz.

21:00 Girl Eat World (SABC3): Masterchef SA-wenner Kamini Pather besoek tien van die wêreld se beste stede opsoek na die beste kos.

21:30 The Night Shift (M-Net): Vanaand veroorsaak TC se suster probleme.

21:30 Supernatural (SABC3): In hierdie fantasiereeks moet die broers Sam and Dean bonatuurlike wesens soos spoke en vampiere beveg.

22:00 kykNET Aktueel - Flits (kykNET): Kim Cloete, Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en enrgieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.