Dit is vanaand op die kassie:

16:30 'n Ander Wêreld - Met Coenie (kykNET & kie): Coenie gaan vind uit hoe 'n mens op straat beland, en hoe dit voel om jou ete uit 'n asblik te moet krap.

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:00 Familiefoto (VIA): Die Venter-gesin word deur ons energieke mooimaakspan onder hande geneem en fotograaf Lisa Skinner leer die kykers hoe sy te werk gaan om hulle perfekte, kreatiewe portret op film vas te lê.

17:30 Skoonma-Se-Tong (VIA): ’n Man proe geblinddoek sy vrou en ma se kos – en moet dan sy gunsteling kies. Bekende musikant Ghapi (Phillip Botha), sy ma Johanna en sy vrou Ingrid is in Amor Vittone se kombuis.

18:00 Reis na Gister (kykNET): Franco Smith was eers net 'n bekende speler, maar nou voeg hy waarde toe met die afrigting van die Vrystaat Cheetahs. Dis in Bloemfontein waar sy lewensreis begin het en Jak volg saam met hom sy interessante reis.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Wouter doen moeite om Carina weer te laat glimlag en dit pla Eben. Celine forseer Eben om Wouter te vertel hoe hy voel, voor dit hulle vriendskap negatief beïnvloed.

18:30 7de Laan (SABC2): Paula het alle hoop in Altus verloor. Matrone kom tot Oubaas en Hilda se redding.

18:30 Master Chef Australia (M-Net): Amateurkokke van "doer onder" moet dit uitspook in die kombuis om die beoordelaars te beïndruk.

19:30 Binnelanders (kykNET): Rian oorweeg om met Tertius te praat oor Daleen. Steve kan nie anders as om beïndruk te wees met Bronwyn nie en Rian maak dit duidelik dat hy kan vergewe, maar nie vergeet nie.

19:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

20:00 Bravo! (kykNET): Ons is in Mauritius vir Sarie se voorbladfotosessie met Donna-Lee Roberts. Ons kuier ook by die jong akteur, Edwin van der Walt en hou dan die kwik hoog by die Hot Summer Groove.

20:00 The Last Kingdom (M-Net Edge): In die negende eeu word die Saxon-prins Uhtred deur die Viking-hoof Earl Ragnar grootgemaak.

20:00 Debbie (kykNET & Kie): Debbie is 'n plattelandse meisie wat swanger raak. Sy kry dan eerstehandse kennis oor die vooroordele van mense en die probleme wat haar as ongehude moeder in die oë staar.

20:30 Republiek van Zoid Afrika (kykNET): President Karen gesels met haar land se gunsteling denkers, dromers, besluitnemers. Haar spesiale gaste is Adv Thuli Madonsela, Mej Wêreld Rolene Strauss en sanger Vicky Sampson.

20:30 Shaolin Soccer (e.tv): 'n Jong Shaolin-volgeling word met sy broers herenig om 'n onstuitbare sokkerspan te vorm.

21:00 Show me a Hero (M-Net Edge): Die burgemeester Nick Wasicsko moet in die 1980's 'n manier vind om redelik goedkoop huise in 'n middelklasbuurt in New York te laat oprig in hierdie pryswennende reeks deur die skrywer van The Wire.

20:30 Lorraine's Pascale's Cooking made easy (SABC3): Lorraine Pascale deel resepte en idees met kykers.

21:30 Supernatural (SABC3): In hierdie fantasiereeks moet die broers Sam and Dean bonatuurlike wesens soos spoke en vampiere beveg.

22:00 kykNET Aktueel - Flits (kykNET): Kim Cloete, Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en enrgieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.