Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:00 Skole Top 10 (kykNET): Ons is in Vissieland by Laerskool AG Visser in Heidelberg. Met 'n skool vernoem na die 'Sanger van Suikerbosrand' en die leuse van 'Blaas Hoog die Vlam' is die kindertjies lekker aan die brand.

17:30 QI (BBC BRIT): Die slimkoppe onder ons moet naderskuif vir ure se vermaak en inligting saam met Stephen Fry. Dis pret en jy leer iets.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Marius sukkel om op sy eie stoom die dwelmgewoonte af te skud. Hy vra Liam se hulp wat die situasie na sy eie beste belange uitbuit. Vicky en Eben se oefenlopie vir die opkomende fotosessie laat veel te wense oor.

18:30 7de Laan (SABC2): Kurt Darren kuier vanaand in die laan. Ty het vir Gita presies waar hy haar wil hê. Die Meintjies-broers se konflik duur voort.

19:30 Binnelanders (kykNET): Mia ontmoet die res van die Du Preez's, Steve sit met sy hande in sy hare en Lexi ontdek inligting wat haar deurmekaar maak. Dinge is nie heeltemal reg tussen Naomi en Kobus nie, en Rian moet 'n baie moeilike keuse maak.

19:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

19:30 Power Couple SA (M-Net): Paartjies ding mee in 'n reeks uitdagings in die trant van Fear Factor en Survivor. Die punt van die spel is om te kyk hoe goed die paartjies mekaar ken.

20:00 Bravo! (kykNET): Dis die première van Sean Else se jongste rolprent, 'n Man Soos My Pa. Hanna Grobler hou 'n Mafia-aand as fondsinsameling vir haar liefdadigheidsorganisasie. Ons loer in by die amptelike afskopgeleentheid van 'Suidooster'.

20:00 Turn: Washington's Spies (M-Net Edge): Jamie Bell (Billy Elliot) vertolk die hoofrol in hierdie geskiedkundige drama vol intrige en spioenasie wat tydens die Amerikaanse Vryheidsoorlog afspeel.

20:00 Ons Stories (kykNET & Kie): Nuwe én ervare storievertellers kry die kans om die pen op te neem, terwyl groentjies ook ingespan word vir die verfilming van elke storie.

20:30: Boer soek 'n vrou (kykNET): Daar is nou net twee vroue op die plaas oor. Elkeen van die dames kry 'n geleentheid om alleentyd met die boer te spandeer. Die boere nooi ook vriende en familie oor vir 'n gesellige kuier sodat hulle die vroue kan ontmoet.

20:30 The Vow (e.tv): 'n Man moet sy vrou probeer oortuig hulle is getroud ná sy in 'n motorongeluk was en niks kan onthou nie.

21:00 Masters of Sex (M-Net Edge): Bill se hulp word ingeroep met 'n nuwe kliënt wat nie te speels is nie.

21:00 Girl Eat World (SABC3): Masterchef SA-wenner Kamini Pather besoek tien van die wêreld se beste stede opsoek na die beste kos.

21:30 The Night Shift (M-Net): Vanaand veroorsaak Scott 'n reuse motorongeluk wat almal se lewens omverwerp.

21:30 Supernatural (SABC3): In hierdie fantasiereeks moet die broers Sam and Dean bonatuurlike wesens soos spoke en vampiere beveg.

22:00 kykNET Aktueel - Flits (kykNET): Kim Cloete, Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en enrgieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.