16:30 ‘n Ander Wêreld – Met Coenie (kykNET & kie): Diep in Namibië, anderkant die Brandberg, is daar harde manne wat kristalklip uit die grond kap. Coenie stel ons voor aan 'n digter uit hierdie ongenaakbare woestyn.

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Skoonma-Se-Tong (VIA): ’n Man proe geblinddoek sy vrou en ma se kos – en moet dan sy gunsteling kies. Roché Oosthuizen, sy ma Karen en sy vrou Chamonix is in Amor Vittone se kombuis.

18:00 Reis na Gister (kykNET): Sy is dinamies, intelligent en uiters talentvol. Afgesien van haar werk as televisie-aanbieder is sy ook sanger en speel dikwels toneel. Nadia Beukes gaan wys Jak waar sy haar grootwordjare deurgebring het.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Liam se visier is gestel op Fritz se veldponde en sy soektog lei hom tot in die kelder. Fritz maak dit duidelik hy gaan nie Neels en Lida se huwelik bywoon nie, maar dan oorval sy emosie hom en dryf hom tot 'n skokkende daad.

18:30 7de Laan (SABC2): Altus vertrou Sifiso. Hilda en Oubaas se wittebrood skop af. Matrone gee vir Kim advies oor verhoudinge.

18:30 Master Chef Australia (M-Net): Amateurkokke van “doer onder” moet dit uitspook in die kombuis om die beoordelaars te beïndruk.

19:30 Binnelanders (kykNET): Jana probeer At oortuig om iemand nuuts aan te stel in ongevalle en Bronwyn verstaan steeds nie Annalize se kritiek nie. Ivanka en Gustav beland in 'n diep gesprek. Daleen en Tertius praat uiteindelik oor hul nuutste dilemma.

19:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

19:30 50/50 (SABC2): 'n Geselsprogram wat handel oor ernstige omgewingskwessies.

20:00 Fiëstas 2016 (kykNET): Nog 'n glansgeleentheid in die Staatsteater in Pretoria. Die seremoniemeesters vir die aand is Pierre Breytenbach, June van Merch en Deon Lotz. Rozanne McKenzie, Leandie du Randt, Erik Holm en Marlo Minnaar sal as gas-aanbieders optree.+

20:00 Bravo! (kykNET): Hierdie episode sal nie vanaand uitgesaai word nie as gevolg van die Fiëstas 2016.

20:00 The Last Kingdom (M-Net Edge): In die negende eeu word die Saxon-prins Uhtred deur die Viking-hoof Earl Ragnar grootgemaak.

20:00 Ons Stories (kykNET & Kie): Wanneer 'n reeksmoordenaarjagter uit desperaatheid sy geliefde as buit inspan om 'n psigopaat aan te keer, onderteken hy onbewustelik 'n dodelike kontrak met die noodlot.

20:00 Gold Diggers (e.tv): Patrick Gumede betree die onwettige mynwese industrie.

20:30 Republiek van Zoid Afrika (kykNET): Hierdie episode sal nie vanaand uitgesaai word nie as gevolg van die Fiëstas 2016.

20:30 Lorraine’s Pascale’s Cooking made easy (SABC3): Lorraine Pascale deel resepte en idees met kykers.

21:30 Supernatural (SABC3): In hierdie fantasiereeks moet die broers Sam and Dean bonatuurlike wesens soos spoke en vampiere beveg.

22:00 kykNET Aktueel – Flits (kykNET): Hierdie episode sal nie vanaand uitgesaai word nie as gevolg van die Fiëstas 2016.