18:30 Glee (M-Net Series Zone): Finn voel daar is nie vir hom plek in Rachel se lewe in die Groot Appel nie. Blaine is gefrustreerd met Kurt.

19:00 Cougar Town (M-Net Series Showcase): Toe die vriende uitvind Chick het probleme met sy gesondheid, besluit hulle om hom Hollywood toe te neem. Andy is ontsteld toe hy uitvind niemand beskou hom as ’n Latyns-Amerikaner nie.

19:30 Bravo! (kykNET): Die Bravo!-span kuier by Huisgenoot-Skouspel en gee ’n kykie agter die skerms. Hulle is ook by toe Sarie aankondig wie die wenner is van hul kompetisie vir voorbladgesig van die jaar.

20:00 Boer Soek ’n Vrou (kykNET): Vanaand bring die boere elk vyf minute met die 10 dames van hul keuse deur. Dan moet hulle besluit watter vyf hulle beter wil leer ken.

20:30 Top Billing (SABC3): Ons bring die dag deur saam met die mooie Minki van der Westhuizen en haar man, Ernst Joubert, wat vir die Britse klub Saracens rugby speel.

21:30 Fringe (M-Net): Peter vind uit hy kan die Observers stuit.

22:00 Brothers & Sisters (SABC3): Die Walker-familie woon gesinsdag by Justin se rehabilitasiesentrum by. Holly Harper begin in die familiesaak werk. Nora, wat Holly daar wil weg hê, begin ook daar werk.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die korrektheid van die verskafte inligting verseker nie. Netwerke pas hul uitsaairooster volgens hul diskresie aan.