Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:00 Skole Top 10 (kykNET): Elke week kry 'n gelukkige hoërskool in Suid-Afrika die geleentheid om vir almal te wys hoekom sy skool top is en wat die leerlinge se top 10 musiekvideo's is.

17:00 Familiefoto (VIA): Die Naude-gesin word deur ons energieke mooimaakspan onder hande geneem en fotograaf Lisa Skinner leer die kykers hoe sy te werk gaan om hulle perfekte, kreatiewe portret op film vas te lê.

17:30 Skoonma-Se-Tong (VIA): ’n Man proe geblinddoek sy vrou en ma se kos – en moet dan sy gunsteling kies. Brandon Eilers Le Riche, sy ma Letitia en sy vrou Natalie is in Amor Vittone se kombuis

18:30 Villa Rosa (kykNET): Saskia is desperaat om Vicky en Stef uitmekaar te hou. Marius maak sy hart oop teenoor Carina, maar sy is nie seker hoe sy oor sy belydenis voel nie. Stef deel inligting met Saskia wat haar wêreld uitmekaar ruk.

18:30 7de Laan (SABC2): Altus vind uit wie skinner om hom. Is daar 'n nuwe liefde vir Kim op pad?

19:30 Binnelanders (kykNET): Dit is duidelik dat Okkie baie graag saam met Die Broers wil uithang. Daleen sien 'n donker toekoms wat haar en Tertius se vriende betref, terwyl 'n soen groot probleme kan veroorsaak.

19:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

19:30 Josh Groban: Stages (M-Net): Die gewilde sanger Josh Groban vier sy sewende album met hierdie musiekkonsert.

20:00 Bravo! (kykNET): Ons kyk na drie insetsels wat uitgestaan het hierdie jaar. Jak de Priester gaan terug na sy tuisdorp, Cabous van der Westhuizen in Mauritius en ons kyk weer na een van kykNET se hoogtepunte van die jaar: Super Skouspel.

20:00 The Last Kingdon (M-Net Edge): In die negende eeu word die Saxon-prins Uhtred deur die Viking-hoof Earl Ragnar grootgemaak.

20:00 Ons Stories (kykNET & Kie): Nuwe én ervare storievertellers kry die kans om die pen op te neem, terwyl groentjies ook ingespan word vir die verfilming van elke storie.

20:30 Boer soek 'n vrou (kykNET): Die boere en hul dames gaan hou vakansie op 'n romantiese bestemming en kry kans om mekaar goed te leer ken. Nadia gesels met almal om uit te vind waar daar dalk 'n langtermyn liefde kan ontwikkel?

20:30 Oh Schucks... It's Schuster (e.tv): Leon Schuster vermom hom en bak poetse op niksvermoedende mense.

21:00 Masters of Sex (M-Net Edge): Vanaand is Libby se verjaarsdag en die mans in haar lewe probeer dit spesiaal maak.

20:30 Lorraine's Last Minute Christmas (SABC3): Lorraine Pascale deel resepte vir Kersfees, soos 'n vegetariese pastei met neute en bosbessies.

21:30 Supernatural (SABC3): In hierdie fantasiereeks moet die broers Sam and Dean bonatuurlike wesens soos spoke en vampiere beveg.

22:00 kykNET Aktueel - Flits (kykNET): Kim Cloete, Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en enrgieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.