Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:00 Skole Top 10 (kykNET): Ons maak 'n draai in George by Hoërskool PW Botha se matriekafskeid. Kom kyk hoe spandeer hierdie matrieks hul spesiale aand en luister na die musiek wat hulle versoek.

17:30 QI (BBC BRIT): Die slimkoppe onder ons moet naderskuif vir ure se vermaak en inligting saam met Stephen Fry. Dis pret en jy leer iets.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Vicky wroeg steeds met haar geheim. Fritz is tussen die duiwel en die diepblou see aangaande die Villa se bestuur. Saskia hou Stef in die donker oor wat presies tussen haar en Monique aan die gang is. En Liam is vol planne.

18:30 7de Laan (SABC2): Dewald vrees vir sy lewe. Xander is Oubaas se enigste hoop om Hilda op te spoor.

19:30 Binnelanders (kykNET): Lexi voel al hoe meer uitgesluit uit haar pa se nuwe lewe, en At speel 'n gevaarlike speletjie. Bronwyn kry te doen met 'n stukkie waarheid en Daleen het haar eie vrese wat sy moet besweer.

19:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

19:30 Power Couple SA (M-Net): Paartjies ding mee in 'n reeks uitdagings in die trant van Fear Factor en Survivor. Die punt van die spel is om te kyk hoe goed die paartjies mekaar ken.

20:00 Bravo! (kykNET): Ons sien hoe jonges in die vermaaklikheidsbedryf opspraak maak: 'n Sjef, 'n sanger en 'n akteur. Ons is by Herman Lensing se kookboekbekendstelling en Hannon gee vir Charlize Berg 'n nuwe voorkoms.

20:00 Turn: Washington's Spies (M-Net Edge): Jamie Bell (Billy Elliot) vertolk die hoofrol in hierdie geskiedkundige drama vol intrige en spioenasie wat tydens die Amerikaanse Vryheidsoorlog afspeel.

20:00 Ons Stories (kykNET & Kie): Nuwe én ervare storievertellers kry die kans om die pen op te neem, terwyl groentjies ook ingespan word vir die verfilming van elke storie.

20:30: Boer soek 'n vrou (kykNET): Van heinde en verre kom die dames vir 'n kort maar kragtige kennismaking met die boer van hul keuse. Elkeen kry presies vyf minute om met haar boer te gesels. Aan die einde van dié blitsafsprake moet ons boere vyf vroue groet.

20:30 Hitch (e.tv): 'n Afspraakdokter se liefdesraad boemerang wanneer hy die perfekte vrou vind. Met Will Smith.

21:00 Masters of Sex (M-Net Edge): Vanaand skop die derde seisoen van hierdie dramareeks af. Bill het 'n spesiale TV-program met opset gesaboteer sodat nie uitgesaai kon word nie.

21:00 Empire (FOX): Cookie en haar trawante begin die platemaatskappy oorneem.

21:00 Girl Eat World (SABC3): Masterchef SA-wenner Kamini Pather besoek tien van die wêreld se beste stede opsoek na die beste kos.

21:30 The Night Shift (M-Net): Vanaand word Jordan deur 'n voormalige pasiënt agtervolg.

21:30 Supernatural (SABC3): In hierdie fantasiereeks moet die broers Sam and Dean bonatuurlike wesens soos spoke en vampiere beveg.

22:00 kykNET Aktueel - Flits (kykNET): Kim Cloete, Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en enrgieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.