Dit is vanaand op die kassie:

16:30 'n Ander Wêreld - Met Coenie (kykNET & kie): Coenie gaan kuier agter die skerms om meer te wete te kom oor die kultus van spiere. Hy gesels ook met die manne en vroue vir wie liggaamsbou 'n lewenswyse is.

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:00 Familiefoto (VIA): Die Wilson-gesin word deur ons energieke mooimaakspan onder hande geneem en fotograaf Lisa Skinner leer die kykers hoe sy te werk gaan om hulle perfekte, kreatiewe portret op film vas te lê.

17:30 Skoonma-Se-Tong (VIA): ’n Man proe geblinddoek sy vrou en ma se kos – en moet dan sy gunsteling kies. Dean Greyling, sy ma Sarie en sy vrou Ronique is in Amor Vittone se kombuis.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Eben bevraagteken Wouter en Carina se sogenaamde vriendskap. Carina mis vir Marius wanneer sy 'n belangrike besluit wil maak. Cardo bederf vir Celine en sy kan nie help om meegevoer te raak nie.

18:30 7de Laan (SABC2): Altus deel sy geheim met Marko. Maria is bekommerd oor Oubaas en Hilda.

18:30 Planet's got Talent (M-Net): Besonderse talentvolle mense en diere neem van reg oor die wêreld aan dié talentkompetisie deel.

19:30 Binnelanders (kykNET): Mia het twee nuwe bondgenote in haar stryd. Rian se antwoord vang Pippa onverwags en At word onder vier oë gespreek. Herman besef sy aksies het 'n geweldige impak op een van sy belangrikste verhoudings.

19:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

20:00 Bravo! (kykNET): Ons kyk terug na van die snaaksste flaters van kykNET se programme in 2015. Nie net Bravo-flaters nie, maar sien van die grootste blapse wat akteurs en aanbieders op kykNET gemaak het. 'n Baie snaakse halfuur.

20:00 The Last Kingdom (M-Net Edge): In die negende eeu word die Saxon-prins Uhtred deur die Viking-hoof Earl Ragnar grootgemaak.

20:00 Debbie (kykNET & Kie): Debbie is 'n plattelandse meisie wat swanger raak. Sy kry dan eerstehandse kennis oor die vooroordele van mense en die probleme wat haar as ongehude moeder in die oë staar.

20:30 Republiek van Zoid Afrika (kykNET): President Karen nooi haar gunsteling komediant, Marion Holm en haar gunsteling 'broetjie' van die OnderKaap, Emo Adams vir samesprekings in die Republiek.

20:30 The Best of Leon Schuster 2 (e.tv): Leon Schuster vermom hom en bak poetse op niksvermoedende mense.

21:00 Show me a Hero (M-Net Edge): Die burgemeester Nick Wasicsko moet in die 1980's 'n manier vind om redelik goedkoop huise in 'n middelklasbuurt in New York te laat oprig in hierdie pryswennende reeks deur die skrywer van The Wire.

20:30 Lorraine's Pascale's Cooking made easy (SABC3): Lorraine Pascale deel resepte en idees met kykers.

21:30 Supernatural (SABC3): In hierdie fantasiereeks moet die broers Sam and Dean bonatuurlike wesens soos spoke en vampiere beveg.

22:00 kykNET Aktueel - Flits (kykNET): Kim Cloete, Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en enrgieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.