Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:00 Skole Top 10 (kykNET): Die Skolespan kuier by Hoërskool Ferrum in Newcastle. Die skool se visie is 'Deur Ferrum die Toekoms in' en hierdie Ysters wys ons presies wat hulle hiermee bedoel. Skakel in om te sien wat kies hulle as hul top 10.

17:30 QI (BBC BRIT): Die slimkoppe onder ons moet naderskuif vir ure se vermaak en inligting saam met Stephen Fry. Dis pret en jy leer iets.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Cardo besoek Wouter in die tronk en vryf nog meer sout in sy wonde. 'n Erg senuweeagtige Marius gee vir Liam die geld vir die dwelmtransaksie en dan word sy grootste vrees bewaarheid.

18:30 7de Laan (SABC2): Sal Aggie kan aanbeweeg na Lindile se dood? Vince is nie te vinde vir Xander se houding nie.

19:30 Binnelanders (kykNET): Pippa is bekommerd oor At se motiewe, terwyl Bronwyn besluit om oop kaarte te speel met 'n belangrike persoon in haar lewe. Naomi het nuus om met Okkie te deel, terwyl 'n groot familiegeheim 'n dokter se fondamente skud.

19:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

19:30 Power Couple SA (M-Net): Paartjies ding mee in 'n reeks uitdagings in die trant van Fear Factor en Survivor. Die punt van die spel is om te kyk hoe goed die paartjies mekaar ken.

20:00 Bravo! (kykNET): Ons is agter die skerms van Suidooster se publisiteitsfotosessie. Ons praat ook met Gert Johan Coetzee wat SA Modeweek geopen het vanjaar. En ons maak 'n draai by Caring Daisies fondsinsameling.

20:00 Turn: Washington's Spies (M-Net Edge): Jamie Bell (Billy Elliot) vertolk die hoofrol in hierdie geskiedkundige drama vol intrige en spioenasie wat tydens die Amerikaanse Vryheidsoorlog afspeel.

20:00 Ons Stories (kykNET & Kie): Nuwe én ervare storievertellers kry die kans om die pen op te neem, terwyl groentjies ook ingespan word vir die verfilming van elke storie.

20:30: Boer soek 'n vrou (kykNET): Ná 'n dag of wat op die plaas, moet een van die drie vroue huistoe gaan. Die boer moet besluit watter een van sy kuiergaste haar tasse moet pak. Makliker gesê as gedaan.

20:30 Sahara (e.tv): 'n Avonturier help 'n VN-dokter in die Wes-Afrika-woestyn teen 'n diktator in hierdie avontuurprent met Matthew McConaughey.

21:00 Masters of Sex (M-Net Edge): Bill Masters wil vanaand oor sy skaamtelose uitsmyting uit die universiteit kom.

21:00 Girl Eat World (SABC3): Masterchef SA-wenner Kamini Pather besoek tien van die wêreld se beste stede opsoek na die beste kos.

21:30 The Night Shift (M-Net): Vanaand maak Drew se heldedade hom oornag 'n internetsensasie.

21:30 Supernatural (SABC3): In hierdie fantasiereeks moet die broers Sam and Dean bonatuurlike wesens soos spoke en vampiere beveg.

22:00 kykNET Aktueel - Flits (kykNET): Kim Cloete, Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en enrgieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.