16:30 ‘n Ander Wêreld – Met Coenie (kykNET & kie): Die Kaapse Klopse is 'n ou tradisie wat geskiedenis en musiek saamsmeer, gesinne saambind en aan duisende deelnemers lewensbetekenis gee. Coenie neem ons op 'n maande-lange reis agter die skerms.

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:00 Familiefoto (VIA): Die Steenkamp-gesin word deur ons energieke mooimaakspan onder hande geneem en fotograaf Lisa Skinner leer die kykers hoe sy te werk gaan om hulle perfekte, kreatiewe portret op film vas te lê.

17:30 Skoonma-Se-Tong (VIA): ’n Man proe geblinddoek sy vrou en ma se kos – en moet dan sy gunsteling kies. Reginald Rheeder, sy ma Betty en sy man Ferdy is in Amor Vittone se kombuis.

18:00 Reis na Gister (kykNET): Suid-Afrika se swemsensasie Ryk Neethling het nie net bekendheid verwerf in die swembad nie, maar ook as model en besigheidsman. Hy beskou homself eintlik as 'n eenvoudige boerseun van Bloemfontein.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Daar is 'n intense oomblik tussen Fritz en Lida, terwyl Neels vir haar 'n groot romantiese verrassing reël. Eben is raadop met Wouter en besluit om die bul by die horings te pak.

18:30 7de Laan (SABC2): Dinamiet kom in klein pakkies. Anna maak 'n belangrike lewensbesluit.

18:30 Master Chef Australia (M-Net): Amateurkokke van “doer onder” moet dit uitspook in die kombuis om die beoordelaars te beïndruk.

19:30 Binnelanders (kykNET): Annelize se motiewe word bevraagteken, terwyl Tertius op sy tong moet byt om nie 'n nuwe geveg te begin nie. Gustav besef wat hy dalk deur sy vingers laat glip het en 'n droom word 'n werklikheid vir 'n paartjie.

19:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

19:30 Voetspore (SABC2): Hierdie episode sal nie vanaand uitgesaai word nie as gevolg van die staatsrede.

20:00 Bravo! (kykNET): Ons gaan vind bietjie meer uit by Ivan Botha oor sy nuwe rolprent 'Vir Altyd' en loer in by die Woordfees se bekendstelling in Stellenbosch. Ons kuier by die verliefde akteurs-paartjie Tinarie van Wyk-Loots en Eric Holm.

20:00 The Last Kingdom (M-Net Edge): In die negende eeu word die Saxon-prins Uhtred deur die Viking-hoof Earl Ragnar grootgemaak.

20:00 Dit Was Aand En Dit Was Môre (kykNET & Kie): 'n Vrou wag vir jare vir haar ware liefde om na haar terug te keer. Nadat sy aanbeweeg het en getroud is, keer haar geliefde uiteindelik terug.

20:00 Gold Diggers (e.tv): Die eerste seisoen skop af. Patrick Gumede betree die onwettige mynwese industrie.

20:30 Republiek van Zoid Afrika (kykNET): Die Republiek word besoek deur immergewilde Claire Johnston van Mango Groove, en die legendariese Marius Weyers.

21:00 Show me a Hero (M-Net Edge): Die burgemeester Nick Wasicsko moet in die 1980's ‘n manier vind om redelik goedkoop huise in ‘n middelklasbuurt in New York te laat oprig in hierdie pryswennende reeks deur die skrywer van The Wire.

20:30 Lorraine’s Pascale’s Cooking made easy (SABC3): Lorraine Pascale deel resepte en idees met kykers.

21:30 Supernatural (SABC3): In hierdie fantasiereeks moet die broers Sam and Dean bonatuurlike wesens soos spoke en vampiere beveg.

22:00 kykNET Aktueel – Flits (kykNET): Die regisseur van 'Vir Altyd', Jaco Smit, kom gesels oor die fliek, ons vind uit wat Bumper Balls is en kyk na twee ontwerpe van voorwerpe wat as die mooiste in Suid-Afrika benoem is.