16:30 Lek jou lippe af (VIA): Die tweede seisoen skop af. Ons vier manne is sag op die oog, maar treurig in die kombuis. Hulle meld aan in sjef Nina se kombuis en sy vra hulle om ’n kaas-soufflé te maak.

16:30 ‘n Ander Wêreld – Met Coenie (kykNET & kie): Coenie vat die langpad om meer te wete te kom van die manne en vroue wat dag en nag agter die stuur van groot vragmotors hulle brood verdien. Hy ry vanaf die Kaap tot in Pretoria saam.

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Skoonma-Se-Tong (VIA): ’n Man proe geblinddoek sy vrou en ma se kos – en moet dan sy gunsteling kies. Rickard Nell, sy ma Hanlie en vrou, Natanya is in Amor Vittone se kombuis.

18:00 Reis na Gister (kykNET): Johan Badenhorst is welbekend onder die publiek as die man wat Afrika al van hoek tot kant platgery het met sy viertrekvoertuig. Ons gaan kyk hoe lyk die grootwordplek van dié berese man.

18:00 Wie’s my liefie? (VIA): Jakaranda FM se gewilde Martin Bester speel Cupido sodat enkellopendes liefde kan vind in die speletjiesprogram.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Saskia spin haar web al hoe stywer om Liam. Celine is verlig wanneer dinge weer begin goed gaan. Eben en Wouter bereik vrede in hulle vriendskap en dinge neem 'n onverwagse wending wanneer Liam in 'n hoek beland.

18:30 7de Laan (SABC2): Natalie se plan verloop nie soos wat sy beplan het nie. Vanessa laat nie toe dat enigiemand oor haar loop nie.

18:30 Master Chef Australia (M-Net): Amateurkokke van “doer onder” moet dit uitspook in die kombuis om die beoordelaars te beïndruk.

19:30 Binnelanders (kykNET): Esther maak kontak met At. Steve deel sy planne met Ivanka, en Jana is nie heeltemal seker of sy vir Annelize of Bronwyn moet glo nie. Annelize gaan nie maklik vriende maak nie.

19:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

19:30 50/50 (SABC2): ‘n Geselsprogram wat handel oor ernstige omgewingskwessies.

20:00 Bravo! (kykNET): Ons gaan na die sprokiestroue van die voormalige Mnr SA, John Owens en sy bruid, Chantelle. Ons sien hoe Heidi van die Alpe na Oudtshoorn verplaas word en woon die boekbekendstelling van die Kokkedoor-wenner, Johnny Hamman, by.

20:00 Ons Stories (kykNET & Kie): 'n Bonatuurlike verskynsel krap 'n meisie se lewe deurmekaar. Geheime uit die verlede word onthul en die skok laat haar ophou praat.

20:00 Gold Diggers (e.tv): Patrick Gumede betree die onwettige mynwese industrie.

20:30 Republiek van Zoid Afrika (kykNET): Die Republiek word besoek deur die legendariese Koos Kombuis, wat die poppe laat dans saam met die skoonhede Hanna Grobler en Leandie du Randt Bosch.

20:30 Lorraine’s Fast, Fresh And Easy Food (SABC3): Lorraine Pascale deel resepte en idees met kykers.

21:30 Supernatural (SABC3): In hierdie fantasiereeks moet die broers Sam and Dean bonatuurlike wesens soos spoke en vampiere beveg.

22:00 kykNET Aktueel – Flits (kykNET): Ons gesels met Cindy Swanepoel, Lee-Ann van Rooi en Anelle Bester. Ons gaan kuier by die nuwe koffiewinkel Roast Café en die akteur Neil Sandilands Skype met ons uit Amerika.