Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:00 Skole Top 10 (kykNET): Ons is by die Rooies van Kroonstad en hulle is aan die brand. Die leerders van Die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad vermaak ons met 'n mengsel Afrikaanse musiek en die eerste rugbyspan gee selfs 'n boodskap aan die Springbokke.

17:00 Familiefoto (VIA): Die Kelly-Loulie’s word deur ons energieke mooimaakspan onder hande geneem en fotograaf Lisa Skinner leer die kykers hoe sy te werk gaan om hulle perfekte, kreatiewe portret op film vas te lê.

17:30 Skoonma-Se-Tong (VIA):’n Man proe geblinddoek sy vrou en ma se kos – en moet dan sy gunsteling kies. Ettienne Ludick, sy ma Maureen en sy vrou Martie is in Amor Vittone se kombuis.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Marius is vasbeslote om sy aandele aan Liam te verkoop, maar Stef wil 'n stokkie daarvoor steek. Celine gee vir Lida 'n oormaaksessie en dit wil voorkom of dit die gewenste uitwerking op Fritz het.

18:30 7de Laan (SABC2): Matrone ontvang 'n baie belangrike oproep van haar dokter. 'n Aangename nuwe kêrel trek in die Heights in. Marko moet tussen Emma en Anna kies.

19:30 Binnelanders (kykNET): 'n Krisis bring twee dokters nader aan mekaar. Adler het 'n plan met Southern Hope en Bart. Pippa is nie gelukkig met haar man se besluite nie, en 'n vrou se voete word onder haar uitgeslaan deur meer as een verrassing.

19:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

19:30 Power Couple SA (M-Net): Paartjies ding mee in 'n reeks uitdagings in die trant van Fear Factor en Survivor. Die punt van die spel is om te kyk hoe goed die paartjies mekaar ken.

20:00 Bravo! (kykNET): Milan Murray maak die skuif van aktrise na kinderboekskrywer en ons maak 'n draai by die Halleluja mode en genade-funksie in die Paarl. Plus, die wenners van die tydskrif Tuis se Fixit met Flair-kompetisie word aangekondig.

20:00 Turn: Washington's Spies (M-Net Edge): Jamie Bell (Billy Elliot) vertolk die hoofrol in hierdie geskiedkundige drama vol intrige en spioenasie wat tydens die Amerikaanse Vryheidsoorlog afspeel.

20:00 Ons Stories (kykNET & Kie): Nuwe én ervare storievertellers kry die kans om die pen op te neem, terwyl groentjies ook ingespan word vir die verfilming van elke storie.

20:30 Boer soek 'n vrou (kykNET): Dit is tyd vir die boere om hul gekose vroue se familie en vriende te ontmoet. Sy wys hom haar woon- en werkplek. Vir die eerste keer is sy tuis in haar omgewing en die boer soos 'n vis uit die water.

20:30 The Best of Leon Schuster (e.tv): 'n Versameling van die steelkamera-genie Leon Schuster se beste draadstekery en poetse.

21:00 Masters of Sex (M-Net Edge): Vanaand sit Masters sy surrogaatprogram voort onder die waaksame oë van Johnson.

21:00 Girl Eat World (SABC3): Masterchef SA-wenner Kamini Pather besoek tien van die wêreld se beste stede opsoek na die beste kos.

21:30 The Night Shift (M-Net): Drew en Rick loop weg nadat die skerpskutterdrama met 'n dooie en 'n verassing geëindig het.

21:30 Supernatural (SABC3): In hierdie fantasiereeks moet die broers Sam and Dean bonatuurlike wesens soos spoke en vampiere beveg.

22:00 kykNET Aktueel - Flits (kykNET): Kim Cloete, Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en enrgieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.