Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:00 Skole Top 10 (kykNET): Ons is in die Wes-Kaap in die wynlande van Stellenbosch vir Hoërskool Stellenbosch se matriekafskeid. 'Antieke Griekeland' is die tema van die aand en hierdie is 'n legende wat jy nie wil misloop nie.

17:30 QI (BBC BRIT): Die slimkoppe onder ons moet naderskuif vir ure se vermaak en inligting saam met Stephen Fry. Dis pret en jy leer iets.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Saskia erken teenoor Vicky dat daar iets tussen haar en Stef is. Hanna lees 'n nuusberig wat haar hewig ontstel. Vincent daag by die Villa op en Celine dink hy's die mooiste ding op twee bene.

18:30 7de Laan (SABC2): Anna is geskok as sy Vince se groot gehuim ontrafel. Gaan Herman tot Hillside se redding kom?

19:30 Binnelanders (kykNET): At en Pippa sit nie om dieselfde vuur as dit kom by 'n baie sensitiewe saak nie. Okkie en Morné het twee verskillende ervarings van dieselfde uitstappie. Jana is oppad New York toe, en Tertius loop sy rieme styf.

19:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

19:30 Power Couple SA (M-Net): Paartjies ding mee in 'n reeks uitdagings in die trant van Fear Factor en Survivor. Die punt van die spel is om te kyk hoe goed die paartjies mekaar ken.

20:00 Bravo! (kykNET): Ons gesels met Albert Pretorius oor Buurtwag. Drikus Volschenk praat oor sy musiekproduksie, wat geïnspireer is deur die Afrikaanse boere in Argentinië. Plus ons draai agter die skerms van Superskouspel.

20:00 Reign (M-Net Edge): Vanaand is die slotepisode. Delphine word van toorkuns beskuldig en dit lyk of die brandstapel haar voorland is.

20:30: Boer soek 'n vrou (kykNET): Die agtste reeks van een van kykNET se gewildste realiteitsreekse is hier. Die pragtige Nadia Beukes met haar borrelende persoonlikheid keer weer terug as aanbieder wat boere moet bystaan in hul soeke na liefde.

20:30 You Must be Joking! (e.tv): Leon Schuster bak poetse op niksvermoedende mense.

21:00 Empire (FOX): Cookie en haar volgelinge wil hul eie platemaatskappy begin.

21:00 Lionel Richie: Home Coming (SABC3): Musiekkonsert met die Grammy-wenner Lionel Richie.

21:30 The Night Shift (M-Net): Vanaand behandel die dokters 'n man wat in 'n valskermsprong beseer is.

22:00 Supernatural (SABC3): In hierdie fantasiereeks moet die broers Sam and Dean bonatuurlike wesens soos spoke en vampiere beveg.

22:00 kykNET Aktueel - Flits (kykNET): Kim Cloete, Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en enrgieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.