Kyk vanaand hiervoor op TV.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Astrid doen alles in haar vermoë om in te meng met Stef se pogings om die kwessie rondom die loft uit te sorteer.

18:27 7de Laan (SABC2): Pieter help Annelie. Dit kan probleme veroorsaak tussen hom en Danelle. Nadia en Dewald se verhouding moet ook ’n hekkie oorkom.

19:00 2 Broke Girls (M-Net): Caroline se pa vra sy moet op ’n kletsprogram verskyn om hom teen ’n voormalige werknemer te verdedig wat ’n boek wil skryf wat verreikende gevolge inhou.

19:00 Thomas@ (kykNET): Dis vir eers die laaste episode van hierdie genotvolle speurverhaal vir die jong klomp. De Wet probeer weer vriende maak met Thomas-hulle deur ’n bootrit te reël om haaie te gaan besigtig.

19:30 MasterChef South Africa (M-Net): Die deelnemers maak gereed vir die eerste spanuitdaging. Nie net word dit by een van die pragtigste plekke in Kaapstad, Maiden’s Cove, beslis nie, die beoordelaars het ook talle invloedryke vriende saamgenooi.

20:29 High Rollers (SABC 3): Nadat hy niks kon wys word oor sy genetiese agtergrond nie, is TT nog meer vasbeslote om antwoorde te kry. Dan blyk dit daar is mense wat nie wil hê TT moet die waarheid uitvind nie. Paul besef die casino is besig om sy familie te vernietig.

Let asseblief hierop: Huisgenoot kan ongelukkig nie die akkuraatheid van die programinligting verseker nie. Netwerke pas hul programrooster volgens hul eie diskresie aan.