16:00 Deur Dik en Dun (VIA): Dis die laaste week van die uitdaging en die paartjies maak reg vir hul laaste inweegsessie met Dr. Wian.

16:30 Hou op Wegsteek (VIA): Monica van Pietermaritzburg klop by beeldpoetser en stilis Aletté-Johanni Winckler aan omdat sy bekommerd is oor haar professionele beeld en keuse van klere. Kan Aletté Monica weer fantasties laat lyk en voel?

17:00 Days of our lives (SABC 3): Dié immergewilde sepie het al meer as 12,000 episodes uitgesaai sedert dit in 1965 begin het. Hierdie program gaan nie vanaand uitgesaai word nie as gevolg van die krieket.

17:00 Mooi van binne (VIA): ’n Fotografie-realiteitsprogram waar ons deelnemers vra of hulle dink hulle mooi genoeg is vir die voorblad van ’n tydskrif. Stefani Steinberg, 'n besige ma met geen tyd vir haarself, word verras deur ons span met haar drie pragfoto’s.

17:30 Roer! (kykNET): Tussen al die harde werk bestuur Helene Truter, oftewel Ta' Poppie van Vetkoekpaleis, ook nog haar winkeltjie vol pragtige geskenke in Hermanus. En dis hier waar ons vandag meer as net vetkoek gaan maak.

17:30 Kersie op die Koek (VIA): Warm ouerharte via suikersoet kinders. Opvreetbare seuns en dogters ontmoet in sjef Renoir Sardinha en Loandi Boersma se studio om ’n kreatiewe dankie-sê-koek as verrassing vir ma of pa te versier.

18:00 Mom (M-Net): Wanneer Christy Candace se suksesvolle, sjarmante pa ontmoet, motiveer Bonnie haar om hom 'n kans te gee.

18:00 Suidooster (kykNET): Bridgette probeer die situasie tussen haar kinders manipuleer om Jerome geïnteresseerd te kry in die familiebesigheid. Ian konkel om Mrs J uit die prentjie te kry, maar Lee-Ann is op sy spoor en het planne van haar eie.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Fritz word verkeerd bewys en hoewel dit 'n rare verskynsel is, bly hy onveranderd en waardig. Saskia en Liam se planne verloop nie so vlot nie, en Cardo en Celine se oplossing vir hul vriende verander in 'n nagmerrie.

18:30 7de Laan (SABC2): Charmaine is bekommerd oor Vanessa se huwelik. Errol voel skuldig. Vir hoe lank gaan Kristin nog in die Laan wees?

19:30 Binnelanders (kykNET): Maggie rig 'n waarskuwing aan Tertius. Rian voel verantwoordelik vir Daleen se gedrag. Christiaan maak sy hart oop teenoor Herman. Jana het 'n verrassende gesprek met Mia.

20:00 Megaboere (kykNET): Casper Badenhorst is sinoniem met pynappels en boer naby Hluhluwe in KwaZulu-Natal. Hy was in 2005 as die Landbouskrywers se Nasionale Boer van die Jaar aangewys en verskaf werk aan honderde mense op sy pynappelplaas Belvedere.

20:00 The Mentalist (SABC 3): Hierdie episode sal nie vanaand uitgesaai word as gevolg van die krieket nie.

20:00 The Player (M-Net Edge): Wesley Snipes speel in hierdie aksiebelaaide reeks waarin ryk individue op misdade bie.

20:10 The X-Files (FOX): Dertien jaar nadat die oorspronklike reeks begin het, is die volgende hoofstuk ‘n reeks met ses episodes waarin David Duchovny en Gillian Anderson speel.

20:30 Die Boekklub (kykNET): Daar's 'n spook op loop in die dorp. Sofia maak geld, Tom en Gerwin jaag kattekwaad aan en Gert kry 'n onverwagse besoeker. Lillie en Jan gaan kamp.

20:30 Better Call Saul (M-Net City): Die lewe van Breaking Bad se oneerlike prokureur Saul ses jaar voordat hy vir Walt ontmoet.

21:00 Nikita (SABC3): Hierdie episode sal nie vanaand uitgesaai word as gevolg van die krieket nie.

21:00 Billions (M-Net Edge): Chuck vind meer uit oor Axe Capital.

22:00 Winslyn (kykNET): Ons gesels met Johan Cilliers die stigter van Task Monkey. Mia Kruger gesels oor Suid-Afrika se kredietgradering en ons vind meer uit oor wat presies AGOA is en die invloed daarvan op die Suid-Afrikaanse in- en uitvoer-ekonomie.