Dit is vanaand op die kassie:

16:00 Deur Dik en Dun (VIA): Dis week vier van die tien-week-uitdaging. Die vier paartjies volg Dr Wian se een-dag-op-’n-slag-raad en begin die voordele daarvan agterkom. Ons deelnemers besef klein veranderings maak 'n groot impak op hul gesondheid.

17:00 Days of our lives (SABC 3): Dié immergewilde sepie het al meer as 12,000 episodes uitgesaai sedert dit in 1965 begin het.

17:30 Jan Braai vir Erfenis (kykNET): Jan skiet pyl en boog, hardloop binne in 'n strandbal op die water en wys jou hoe om heerlike blomkool-en-bloukaassop met roosterkoek op die vuur te maak. Hy wys jou ook 'n nuwe manier om 'n steak te braai in Gordonsbaai.

17:30 Kersie op die Koek (VIA): Warm ouerharte via suikersoet kinders. Opvreetbare seuns en dogters ontmoet in sjef Renoir Sardinha en Loandi Boersma se studio om ’n kreatiewe dankie-sê-koek as verrassing vir ma of pa te versier.

18:00 About a Boy (M-Net): Hierdie komedie is gebasseer op die gelyknamige boek. Will Freeman se lewe verander heeltemal toe 'n enkelma en haar 11-jarige seun langs hom intrek.

18:00 Zavion (VIA): Zavion vrek oor goud: of dit nou as glansfunksie-koördineerder of tienkamp-atleet is. Die kameras probeer byhou terwyl hy sy besige dagboek tussen troues en tienkamp balanseer.

18:00 How I Met Your Mother (e.tv HD): In die skreeusnaakse komedie vertel die ouer Ted aan sy twee kinders presies hoe hy hulle ma ontmoet het.

18:00 Suidooster (kykNET): Lee-Ann besef Ian bestuur nie die sentrum so goed soos sy gedink het nie. Stefan glo hy het die perfekte strategie om klante by Oos Wes te laat instroom. Mymoena en Bianca is albei in 'n toestand nadat die waarheid uitgekom het.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Stef is op 'n missie om te keer dat Liam sy hande op Marius se Villa-aandele kry. Gerhard en Kotie daag onverwags by die Villa op. Lida bely haar gevoelens vir Fritz met 'n ompad.

18:30 7de Laan (SABC2): Gaan Xander se besluit sy huwelik affekteer? Diederik besef hy is verantwoordelik vir Bruynwaves se ondergang.

19:30 Binnelanders (kykNET): Jana besef Bart speel nie oop kaarte met haar nie, terwyl Mia haar liefdeslewe privaat wil hou. Lexi word in die diepkant gegooi by Tonik en Herman se bekommernis oor Bart sorg vir nog meer spanning met sy broer.

19:30 Chicago Med (M-Net): Dié Chicago-fire-splinterreeks, wat in 'n hospitaal afspeel, deel karakters met Chicago PD sowel as Chicago Fire.

20:00 Edik van Nantes (kykNET): Nataniël beplan 'n verrassingspartytjie vir sy broer se verjaarsdag. Hy berei geregte voor in sy woonstel in die stad, doen inkopies en ontmoet onverwags sy held, een van Frankryk se bekendste skilders.

20:00 Homeland (M-Net Edge): In vanaand se episode moet die Berlynse polisie en die CIA saamwerk.

20:30 Bloedbroers (kykNET): Ina verwyt steeds vir Bennie oor haar miskraam. Hy soek toenadering by Marika met rampspoedige gevolge. Ingrid wil haarself verkiesbaar stel vir die parlement en Willem voer nog donkerder verskuilde planne uit.

20:30 Minority Report (Fox): Meer as 10 jaar ná die ontbinding van die pre-misdaadeenheid, wat toekomstige misdadigers gevang het voor hulle misdade pleeg, probeer 'n eensame oudlid, wat die vermoë het om misdade te voorspel, 'n normale lewe lei.

21:00 The Good Wife (SABC3): 'n Familie- en regsdrama met die formidabele Julianna Margulies in die hoofrol.

21:30 Chicago PD (M-Net): In vanaand se episode kan Ruzek se kop rol wanneer 'n sending onder die dekmantel onthul word.

22:00 Desperate Housewives (SABC3): Die dames van Wisteria Lane konkel onder mekaar met allerhande intriges wat volg.

22:00 Winslyn (kykNET): Divan Botha maak ingewikkelde plaaslike en internasionale ekonomie meer verstaanbaar.