Dit is vanaand op die kassie:

16:00 Deur Dik en Dun (VIA): Dis week ses van die 10-week uitdaging: die vier paartjies ervaar die gevolge van 'n gesonder leefstyl en is vol selfvertroue. In die weegsessie met Dr Wian en Lara steek 'n ernstige gesondheidskwessie kop uit.

17:00 Days of our lives (SABC 3): Dié immergewilde sepie het al meer as 12,000 episodes uitgesaai sedert dit in 1965 begin het.

17:30 Roer! (kykNET): Ray Dylan kan sing en hy kan onthaal, maar kan hy kook? Kom kyk hoe word daar gebaljaar as hierdie bekende sanger sy beste gee agter die kospotte.

17:30 Kersie op die Koek (VIA): Warm ouerharte via suikersoet kinders. Opvreetbare seuns en dogters ontmoet in sjef Renoir Sardinha en Loandi Boersma se studio om ’n kreatiewe dankie-sê-koek as verrassing vir ma of pa te versier.

18:00 Mom (M-Net): Christie en Bonnie probeer ondersteunend wees toe Regina 'n ongemaklike aankondiging maak.

18:00 Zavion (VIA): lambojante feeste via ’n Olimpiese spiertier. Zavion vrek oor goud: of dit nou as glansfunksie-koördineerder of tienkamp-atleet is. Die kameras probeer byhou terwyl hy sy besige dagboek tussen troues en tienkamp balanseer.

18:00 How I Met Your Mother (e.tv HD): In die skreeusnaakse komedie vertel die ouer Ted aan sy twee kinders presies hoe hy hulle ma ontmoet het.

18:00 Suidooster (kykNET): Die Samsodiens bevind hulle in 'n verloor-verloor situasie en Michelle en Stefan se verhouding bereik 'n laagtepunt oor die babakwessie. Ian suig 'n storie uit sy duim om te verduidelik wat hy met Suidooster se geld gemaak het.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Carina se dag begin met 'n nare hoofpyn. Vicky voel skuldig omdat sy nie vir Carina met genoeg empatie behandel het nie en Stef doen alles in sy vermoë om vir Vicky te wys dat sy altyd op hom kan staatmaak.

18:30 7de Laan (SABC2): Bonita ruik lont en Maria kry 'n geskenk by Ty. Charmaine is bekommerd oor Vanessa en Xander se verhouding.

19:30 Binnelanders (kykNET): Rian se houding krap sy vrou om. Daleen en Nina is getuies van 'n onaangename toneel wat afspeel in die Koster-woning. Ivanka word ontstel deur nuus wat soos 'n veldbrand versprei. Daar is 'n nuwe hoof by Binneland Kliniek.

19:30 Josh Groan: Stages (M-Net): 'n Musiekblyspel met die immergewilde Josh Groban.

20:00 Edik van Nantes (kykNET): Met 'n chocolaterie op elke straathoek is daar geen huishouding in Nantes sonder sjokolade nie. In die finale episode neem Nataniël en Erik afskeid en bring hulde aan hierdie mees dekadente bestanddeel.

20:00 The Player (M-Net Edge): Wesley Snipes speel in hierdie aksiebelaaide reeks waarin ryk individue op misdade bie.

20:30 Bloedbroers (kykNET): Om bloed te deel en julself bloedbroers te sweer is een ding. Om deur die draaie van die lewe steeds daardie eed te eer, is iets heeltemaal anders, veral as jou lewenskeuses jou na 'n teenoorgestelde kamp lei.

21:00 Nikita (SABC3): Alex, Ryan en Nikita is op pad Kosovo toe vir 'n gevaarlike nuwe sending

21:30 Murder in the First (M-Net): Die speurders Hildy en Terry se saak is oor 'n tegniese punt gesluit.

22:00 Winslyn (kykNET): Divan Botha maak ingewikkelde plaaslike en internasionale ekonomie meer verstaanbaar.