16:00 Skatkis (VIA): Die antieke liefhebbers Hendrien Martins, Riaan Bolt en Sonia Scholtz gesels met oudhede-kenners en verwonder hulle aan spesiale items uit ’n vergange era.

16:30 Erfkos (VIA): Aanbieder Philicity Reeken kyk of sjefs se familie-resepte steeds relevant is. Met behulp van drie jongelinge besluit hulle of ‘n klassieke resep ook plek het op ons moderne tafels.

17:00 Days of our lives (SABC 3): Dié immergewilde sepie het al meer as 12,000 episodes uitgesaai sedert dit in 1965 begin het. Hierdie program gaan nie vanaand uitgesaai word nie as gevolg van die krieket.

17:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Alhoewel ons glo krummels maak die vloer vuil en is bloot voer vir duiwe, bestaan daar ongelooflike geregte waarin krummels op ongewone manier gebruik word.

18:00 Pasgetroud (VIA): Kom hou saam bruilof en kyk saam of die bruidspaar se troudagdrome waar word. Shan en sy bruid Esti se groot dag is hier. Daar is spanning en drama, maar die liefde word in oordaad gevier.

18:00 Suidooster (kykNET): Jerome en Carmen probeer uitwerk waar hulle met mekaar staan. Stefan en Michelle droom oor hulle baba, terwyl Nicci besef hoeveel sy vir Tim omgee. Chris probeer met Rita praat oor sy vriendskap met Lee-Ann.

18:30 Wie is my strooimeisie? (VIA): Die bruid se voorloper via ‘n hartlike henpartyjie. ’n Amper-bruid se drie vriendinne moet dit uitspook om as haar strooimeisie gekroon te word.

18:30 Getroud Met Rugby: Die Sepie (kykNET): Die Stryders maak gereed vir hulle eerste oefening. Gideon toets Schalk se geduld en Iva straal na haar doktersafspraak. Gideon en Nina het groot nuus vir Lorette.

18:30 7de Laan (SABC2): Bernard sien regdeur Linda se vriendelikheid. Gita val terug in haar ou gewoontes. Douglas is verlief.

19:30 Binnelanders (kykNET): At hou nie van Frank se voorstel nie. Herman kry 'n nuwe woonstelmaat en Conrad word verras in die kothuis. At stel meer as net sy lewe in gevaar, terwyl Tertius gereed maak vir die uitstappie.

20:00 Megaboere (kykNET): Milaan Thalwitzer van die Bosveld Groep is die grootste private sitrusprodusent in Suid-Afrika. Meer as 5 000 mense werk by die Bosveld Groep. Milaan is in 2014 as die Landbouskrywers se Nasionale Boer Van Die Jaar gekroon.

20:10 Criminal Minds (FOX): ‘n Span analiseer en ondersoek van Amerika se moeilikste kriminele en probeer hulle volgende misdaad voor te spring.

20:30 Die Boekklub (kykNET): In die laaste episode word ou liefde herontdek, nuwe verhoudings begin, 'n familie band word gesmee en Tom moet die grootste besluit van sy lewe neem. 'n Tweede reeks kan verwag word, maar die datum is nog onbekend.

21:00 Nikita (SABC3): ‘n Sluipmoordenaar keer terug om die geheime organisasie wat haar opgelei het, te vernietig.

22:00 Winslyn (kykNET): Alec Hogg gesels oor die herrie rondom Pres Zuma en Christo Botes van Business Partners praat oor die Entrepreneur van die Jaar kompetisie. Ons draai by The Bureaux en Clive Butkow van Grotech gesels oor ontwrigtende tegnologie.