Dit is vanaand op die kassie:

17:00 Days of our lives (SABC 3): Dié immergewilde sepie het al meer as 12,000 episodes uitgesaai sedert dit in 1965 begin het.

17:30 Jan Braai vir Erfenis (kykNET): Ons hou 'n seekosfees by die ikoniese Muisbosskerm waar Jan ook meer leer oor die bewaring van visspesies. Dan val almal in die pad vir die laaste aand se braai en kuier by Tietiesbaai.

18:00 About a Boy (M-Net): Hierdie komedie is gebasseer op die gelyknamige boek. Will Freeman se lewe verander heeltemal toe 'n enkelma en haar 11-jarige seun langs hom intrek.

18:00 How I Met Your Mother (e.tv HD): In die skreeusnaakse komedie vertel die ouer Ted aan sy twee kinders presies hoe hy hulle ma ontmoet het.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Fritz probeer Marius oorreed om hulp te kry, maar dit maak Marius net meer woendend en Liam wag hom met ope arms in. Vincent en Saskia bereik 'n ooreenkoms en Beulah het heelwat om te verduidelik.

18:30 7de Laan (SABC2): Annie is bekommerd oor haar verhouding met Marko. Matrone voel moeg en afgemat.

19:30 Binnelanders (kykNET): 'n Dokter word forseer om iets teen sy sin te doen. Karli moet regstaan om haarself te verdedig, en Okkie en Naomi praat hartsake. Christiaan is nie ingenome met At se besluit nie.

20:00 Edik van Nantes (kykNET): Geïnspireer deur die vordering van die plaaskombuis besluit Nataniël en Erik om met 'n kruietuin te begin. Hulle berei landelike geregte voor en wys dat 'n bietjie verbeelding enige dis in koningskos kan omskep.

20:00 Homeland (M-Net Edge): In vanaand se episode werk Saul en Allison saam aan 'n sending. En Carrie is steeds opsoek na antwoorde.

20:30 Bloedbroers (kykNET): 1921 - PG koop Mr Cohen se drukkery. Gerhard staan aan die hoof van 'n vakbond wat die groot mynstaking begin. Willem raak betrokke by die Republiekeinse Leër en word goed beloon vir die grusame dade wat hy vir hulle verrig.

20:30 Minority Report (Fox): Meer as 10 jaar ná die ontbinding van die pre-misdaadeenheid, wat toekomstige misdadigers gevang het voor hulle misdade pleeg, probeer 'n eensame oudlid, wat die vermoë het om misdade te voorspel, 'n normale lewe lei.

21:00 The Good Wife (SABC3): 'n Familie- en regsdrama met die formidabele Julianna Margulies in die hoofrol.

21:20 The Kennedys (History): 'n Biografiese minireeks oor die lewe van JFK.

21:30 Murder in the First (M-Net): In vanaand se episode het die stres van die verhoor 'n negatiewe uitwerking op Jamie se persoonlike lewe.

22:00 Desperate Housewives (SABC3): Die dames van Wisteria Lane konkel onder mekaar met allerhande intriges wat volg.

22:00 Winslyn (kykNET): Divan Botha maak ingewikkelde plaaslike en internasionale ekonomie meer verstaanbaar.