16:00 Skatkis (VIA): Die antieke liefhebbers Hendrien Martins, Riaan Bolt en Sonia Scholtz gesels met oudhede-kenners en verwonder hulle aan spesiale items uit ’n vergange era.

16:30 Erfkos (VIA): Aanbieder Philicity Reeken kyk of sjefs se familie-resepte steeds relevant is. Met behulp van drie jongelinge besluit hulle of ‘n klassieke resep ook plek het op ons moderne tafels.

17:00 Days of our lives (SABC 3): Dié immergewilde sepie het al meer as 12,000 episodes uitgesaai sedert dit in 1965 begin het. Hierdie program gaan nie vanaand uitgesaai word nie as gevolg van die krieket.

17:30 Ilse Kook (kykNET): Kosse uit Thailand is op die spyskaart. Ilse maak 'n rooi Thai-kerrie met bees, pienk pomelo en garnale met 'n Thai-sousie en die bekendste Thai-dis van almal - Pad Thai.

18:00 Pasgetroud (VIA): Kom hou saam bruilof en kyk saam of die bruidspaar se troudagdrome waar word. Shan en sy bruid Esti se groot dag is hier. Daar is spanning en drama, maar die liefde word in oordaad gevier.

18:00 Suidooster (kykNET): Rita verpes hoe die medikasie haar kreatiwiteit beperk en Stefan probeer Fasie oortuig om 'n spoedontmoetings-aand in Oos Wes te hou. Gaan Bridgette die familie inlig van Ian se gekonkel met Mrs J se gesondheid?

18:30 Wie is my strooimeisie? (VIA): Die bruid se voorloper via ‘n hartlike henpartyjie. ’n Amper-bruid se drie vriendinne moet dit uitspook om as haar strooimeisie gekroon te word.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Marius is verbaas wanneer Lindie by die Villa uittrek. Die vroue geniet 'n heerlike hennepartytjie met interessante vermaak, maar die ramparty is 'n stywe affêre tot iemand opdaag.

18:30 7de Laan (SABC2): Nandi en Pulane stem nie saam nie. Paula is opsoek na inspirasie. Bonita ondersteun Xander in sy tyd van nood.

19:30 Binnelanders (kykNET): Karli kry 'n nuwe blyplek en 'n oproep maak Esther paniekerig. 'n Hospitaalsak kan 'n fyn uitgewerkte plan laat misluk en Tertius haal sy frustrasies uit op Naomi. Morné en Okkie praat man tot man.

20:00 Megaboere (kykNET): Greenway Farms het in 1992 ontstaan toe Vito Rugani en Vincent Sequeira besluit het om kragte saam te span. Vandag is Greenway Farms dié toonaangewende wortelplaas in Suid-Afrika wat daagliks sowat 200 ton wortels aflewer.

20:10 Criminal Minds (FOX): ‘n Span analiseer en ondersoek van Amerika se moeilikste kriminele en probeer hulle volgende misdaad voor te spring.

20:30 Die Boekklub (kykNET): Op 'n dag waar tyd stilstaan en herinneringe oor en oor deur Tom, Lillie en Sofia se koppe maal, word 'n ontdekking gemaak wat die boekklub uitmekaar kan ruk.

21:30 Better Call Saul (M-Net City): Die lewe van Breaking Bad se oneerlike prokureur Saul ses jaar voordat hy vir Walt ontmoet.

21:00 Nikita (SABC3): ‘n Sluipmoordenaar keer terug om die geheime organisasie wat haar opgelei het, te vernietig.

22:00 Winslyn (kykNET): In Getik kyk ons na 'n vermaaklikheids-toepassings voor ons deur skakel na Silicone Valley om meer uit te vind oor TansitWise. Ons takel die huidige inflasiesyfers en gesels met Lizelle Coombs oor opleiding in entrepreneurskap.