Dit is vanaand op die kassie:

17:00 Days of our lives (SABC 3): Dié immergewilde sepie het al meer as 12,000 episodes uitgesaai sedert dit in 1965 begin het.

17:30 Jan Braai vir Erfenis (kykNET): an kuier steeds saam met die deelnemers op die Nasionale Braaitoer. Ons vier Jan se verjaarsdag in Springbok voor ons pad vat na Garies end dan na Strandfontein. Jan wys ook hoe om 'n steak met 'n Franse pepersous te braai.

18:00 Playing House (M-Net): Wanneer die hoogswanger Maggie uitvind haar man verneuk haar, wend sy haar tot haar beste vriendin vir ondersteuning in hierdie lawwe sitkom.

18:00 How I Met Your Mother (e.tv HD): In die skreeusnaakse komedie vertel die ouer Ted aan sy twee kinders presies hoe hy hulle ma ontmoet het.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Marius wil ontsnap uit sy dwelm-afhanklikheid. Wouter oortuig Fritz dat hy saam met Saskia wil werk, maar Saskia sukkel om dit te aanvaar. Monique draai vir Stef om haar pinkie en Liam span sy web al stywer om Marius.

18:30 7de Laan (SABC2): Vince voel aaklig as hy uitvind waarmee Hilda besig was. Anna sit vir Paula op haar plek.

19:30 Binnelanders (kykNET): SMS'e wat heen en weer gestuur word in die Abrahams-huishouding sorg vir heelwat drama, en Okkie kan sy bekommernisse nie langer geheim hou nie. Herman plaas vir Gustav onder kruisverhoor en Bronwyn konfronteer vir Zeldine.

20:00 Edik van Nantes (kykNET): Nataniël en Erik ry deur Nantes en omliggende dorpies en besoek al die unieke bakens. Terug op die plaas bak Nataniël Nantes se amptelike Rumkoek en Erik berei 'n visgereg eie aan die streek.

20:00 Homeland (M-Net Edge): In vanaand se episode help Jonas vir Carrie om na haar verlede te kyk om sin te maak van gebeure, en Quinn kry 'n nuwe teiken.

20:30 Bloedbroers (kykNET): Dit is 1915, verkiesingsjaar. Willem besluit om geld by die party-ondersteuners te vat, en word uitgevang. Bennie beïndig alle kontak met Ina, en PG word 'n vakleering in die drukkery en raak verlief.

20:30 Minority Report (Fox): Meer as 10 jaar ná die ontbinding van die pre-misdaadeenheid, wat toekomstige misdadigers gevang het voor hulle misdade pleeg, probeer 'n eensame oudlid, wat die vermoë het om misdade te voorspel, 'n normale lewe lei.

21:00 The Good Wife (SABC3): 'n Familie- en regsdrama met die formidabele Julianna Margulies in die hoofrol.

21:20 The Kennedys (History): 'n Biografiese minireeks oor die lewe van JFK.

21:30 Murder in the First (M-Net): In vanaand se episode maak Junior 'n skokonthulling wat dalk vir Terry en Hildy 'n voordeel kan inhou.

22:00 Desperate Housewives (SABC3): Die dames van Wisteria Lane konkel onder mekaar met allerhande intriges wat volg.

22:00 Winslyn (kykNET): Divan Botha maak ingewikkelde plaaslike en internasionale ekonomie meer verstaanbaar.