Dit is vanaand op die kassie:

16:00 Deur Dik en Dun (VIA): Dis week nege van die 10-week maerword-uitdaging. Die vier paartjies leer meer oor joga en hoe dit jou liggaam en siel gesond kan hou.

16:30 Hou op Wegsteek (VIA): Ruwayda is 'n werkende ma met geen tyd vir haarself nie. Beeldpoetser en stilis Aletté-Johanni Winckler staan reg om haar te help om weer fantasties te lyk en voel.

17:00 Days of our lives (SABC 3): Dié immergewilde sepie het al meer as 12,000 episodes uitgesaai sedert dit in 1965 begin het.

17:30 Roer! (kykNET): Anna-Mart van der Merwe is een van ons mees geliefde aktrises en boonop 'n voorslag in die kombuis. Tammy loer by haar in en sy leer ons om wit gazpacho en groente-lasagne te maak.

17:30 Kersie op die Koek (VIA): Warm ouerharte via suikersoet kinders. Opvreetbare seuns en dogters ontmoet in sjef Renoir Sardinha en Loandi Boersma se studio om ’n kreatiewe dankie-sê-koek as verrassing vir ma of pa te versier.

18:00 Mom (M-Net): Christie en Bonnie probeer ondersteunend wees toe Regina 'n ongemaklike aankondiging maak.

18:00 Zavion (VIA): Zavion is onder baie druk en sy dagboek raak net voller. Daar is ’n blommerangskikking-werkswinkel, ’n troue, ’n Huisgenoot-onderhoud en afsprake met potensiële kliënte geskeduleer. Sal hy die pas kan volhou?

18:00 Suidooster (kykNET): Mymoena wil dinge regmaak met AB terwyl Bianca nader aan haar ma probeer kom, maar versoening is makliker gesê as gedaan. Bridgette gee vir Jerome 'n besigheidsvoorstel, en Nicole en Tim se verhouding ontwikkel verder.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Vicky vertrou glad nie vir Saskia nie en is gefrustreerd met Stef se houding. Fritz besef dat daar iets aan die gang is tussen Lida en Neels.

18:30 7de Laan (SABC2): Vanessa het bewysstukke op Xander se foon gekry. Matrone en Masifo maak 'n gedugte span.

19:30 Binnelanders (kykNET): Liezl en Morné wil die meeste maak van die laaste paar dae voor hulle albei begin swot. Ivanka is omgekrap na haar gesprek met At, en Tertius voel verraai deur Rian. 'n Hofbevel ontlok baie teenstrydige reaksies.

20:00 Megaboere (kykNET): Meckie Schneider boer in Grootfontein, Namibië en is tans een van die drie grootste Brahman-telers in Suidelike Afrika. Meckie Schneider is van Duitse afkoms en 'n tipiese Duitse Namibiër.

20:00 The Player (M-Net Edge): Wesley Snipes speel in hierdie aksiebelaaide reeks waarin ryk individue op misdade bie.

20:30 Die Boekklub (kykNET): Tom se vriende uit die Kaap daag op, wat ou wonde oopkrap. Tussendeur hou die boekklub 'n verskeidenheidskonsert wat verskeie verhoudings beproef.

20:30 Better Call Saul (M-Net City): Die lewe van Breaking Bad se oneerlike prokureur Saul ses jaar voordat hy vir Walt ontmoet.

20:30 The X-Files (FOX): Mulder en Scully is op soek na 'n kreatuur bekend as die Band-Aid Nose Man.

21:00 Nikita (SABC3): Nikita en Amanda word saam gevang en moet saam 'n plan beraam om te ontsnap.

21:00 Billions (M-Net Edge): Die stinkryk, arrogante beleggingsontleder Bobby Axelrod is vies omdat hy deur die staatsprokureur Chuck Rhoades vir onwettige aandelehandel ondersoek word.

22:00 Winslyn (kykNET): Divan Botha maak ingewikkelde plaaslike en internasionale ekonomie meer verstaanbaar.