16:00 Skatkis (VIA): Die antieke liefhebbers Hendrien Martins, Riaan Bolt en Sonia Scholtz gesels met oudhede-kenners en verwonder hulle aan spesiale items uit ’n vergange era.

16:30 Erfkos (VIA): Aanbieder Philicity Reeken kyk of sjefs se familie-resepte steeds relevant is. Met behulp van drie jongelinge besluit hulle of ‘n klassieke resep ook plek het op ons moderne tafels.

17:00 Days of our lives (SABC 3): Dié immergewilde sepie het al meer as 12,000 episodes uitgesaai sedert dit in 1965 begin het. Hierdie program gaan nie vanaand uitgesaai word nie as gevolg van die krieket.

17:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Kos wat binne 'n eetbare omhulsel of houer voorgesit word is perfek vir 'n piekniek, middagete, partytjie of 'n reis. Daar is baie lekkerder, meer opwindende en slimmer idees as die gewone toebroodjie.

18:00 Pasgetroud (VIA): Kom hou saam bruilof en kyk saam of die bruidspaar se troudagdrome waar word. Shan en sy bruid Esti se groot dag is hier. Daar is spanning en drama, maar die liefde word in oordaad gevier.

18:00 Suidooster (kykNET): Bridgette is ontsteld dat Nicole vir Tim help om na Rita te soek. Daar is uiteindelik weer vrede in die Samsodien-huishouding. Carmen het allerhande planne en Rhafiek praat amper sy mond verby voor Nicole.

18:30 Wie is my strooimeisie? (VIA): Die bruid se voorloper via ‘n hartlike henpartyjie. ’n Amper-bruid se drie vriendinne moet dit uitspook om as haar strooimeisie gekroon te word.

18:30 Getroud Met Rugby: Die Sepie (kykNET): Die Bekkers maak gereed vir wanneer Chrissie haar kêrel kom voorstel. Die pompom-meisies gaan kuier by Iva, maar dit loop lelik skeef. Koekie en Festus dryf vir Anja teen die mure uit.

18:30 7de Laan (SABC2): Aggie is bekommerd oor haar vriendin. Errol voel afgeskeep. Pulane neem 'n groot besluit.

19:30 Binnelanders (kykNET): Noami maak oop teenoor die meisies. Dit raak duidelik dat Herman en Jana nie dieselfde voel oor Annelize nie en Morné word geruk deur slegte nuus. Danny wys dat hy nie 'n monster is nie en Annelize is bang om alleen te wees.

20:00 Fluiters (kykNET): Lukas gaan op 'n missie Soedan toe. Frik en Sam moet die stigters van FluiterSA opspoor voor nóg geklassifiseerde inligting uitlek. David maak seker dat Leonardo 'n betroubare bron is. Die pers publiseer inligting van die moord.

22:00 Winslyn (kykNET): Ons loer in by die eerste Suid-Afrikaanse Starbucks en vind meer uit oor die #Hack.Jozi challenge. Catherine vertel ons wat nuut is in die Tech Startup wêreld en Tony Koutakis van Ignite sluit by ons aan.