Dit is vanaand op die kassie:

16:00 Deur Dik en Dun (VIA): Dis week twee van die 10-week uitdaging en die vier paartjies ontmoet mekaar vir die eerste keer oor ’n gesonde bord kos. Die vroue word vir die eerste keer geweeg deur Dokter Stander.

17:00 Days of our lives (SABC 3): Dié immergewilde sepie het al meer as 12,000 episodes uitgesaai sedert dit in 1965 begin het.

17:30 Jan Braai vir Erfenis (kykNET): Jan kuier vir oulaas in Ierland. Hy ry die Ring of Kerry en bewonder die pragtige natuurskoon van hierdie nasionale park. 'n Rit op 'n perdekar deur die 200 jaar oue pas van Molls Gap en skaapvleis burgers word gebraai.

17:30 Kersie op die Koek (VIA): Warm ouerharte via suikersoet kinders. Opvreetbare seuns en dogters ontmoet in sjef Renoir Sardinha en Loandi Boersma se studio om ’n kreatiewe dankie-sê-koek as verrassing vir ma of pa te versier.

18:00 About a Boy (M-Net): Hierdie komedie is gebasseer op die gelyknamige boek. Will Freeman se lewe verander heeltemal toe 'n enkelma en haar 11-jarige seun langs hom intrek.

18:00 Zavion (VIA): Flambojante feeste via ’n Olimpiese spiertier. Zavion vrek oor goud: of dit nou as glansfunksie-koördineerder of tienkamp-atleet is. Die kameras probeer byhou terwyl hy sy besige dagboek tussen troues en tienkamp balanseer.

18:00 How I Met Your Mother (e.tv HD): In die skreeusnaakse komedie vertel die ouer Ted aan sy twee kinders presies hoe hy hulle ma ontmoet het.

18:00 Suidooster (kykNET): Mrs J hoop haar dogters gaan vrede met mekaar maak. Mymoena is opgewonde oor al die bestellings wat sy vir haar samoesas kry. Nicole kyk met ander oë na Tim, en Stefan probeer steeds die gelddief in Oos Wes vastrek.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Alex maak Celine 'n aanbod wat haar lewe kan verander. Liam kontrolleer Marius al hoe meer, en Carina en Vicky kry die skok van hulle lewe. Stef vat Saskia kort, maar sy het die hef in die hand.

18:30 7de Laan (SABC2): Sifiso se ou vriend besoek die laan. Gaan sy moeilikheid tussen hom en Pulane veroorsaak?

19:30 Binnelanders (kykNET): Steve probeer Bronwyn oorreed om met Tim te praat en Lisa lei vir Bronwyn om die bos. Die linnekamer word 'n toevlugsoord, terwyl goeie nuus nie vir Christiaan opgewonde maak nie.

19:30 Chicago Med (M-Net): Dié Chicago-fire-splinterreeks, wat in 'n hospitaal afspeel, sal karakters met Chicago PD sowel as Chicago Fire deel.

20:00 Edik van Nantes (kykNET): In die dak van Nantes se hoogste gebou is Le Nid, 'n kroeg waar die gaste in reuse eiers sit en kuier. Na 'n besoek aan dié vreemde plek skep Nataniël en Erik unieke eetgoed met die aarde se veelsydigste bestanddeel.

20:00 Homeland (M-Net Edge): In vanaand se episode maak Saul sy hart oop teenoor Allison en Carrie maak staat op ou vriende.

20:30 Bloedbroers (kykNET): Gerhard werk by die Kommuniste Party van Suid-Afrika. Willem bieg aan die Republikeinse Leër dat sy voormalige vriend 'n kommunis is. PG wil 'n gesinstydskrif begin, maar Ingrid oorreed hom om eerder 'n vrouetyskrif te oorweeg.

20:30 Minority Report (Fox): Meer as 10 jaar ná die ontbinding van die pre-misdaadeenheid, wat toekomstige misdadigers gevang het voor hulle misdade pleeg, probeer 'n eensame oudlid, wat die vermoë het om misdade te voorspel, 'n normale lewe lei.

21:00 The Good Wife (SABC3): 'n Familie- en regsdrama met die formidabele Julianna Margulies in die hoofrol.

21:30 Chicago PD (M-Net): In vanaand se episode neem 'n ontevrede man een van die polisiedepartement se offisiere as gyselaar tot hulle sy vermiste dogter opspoor.

22:00 Desperate Housewives (SABC3): Die dames van Wisteria Lane konkel onder mekaar met allerhande intriges wat volg.

22:00 Winslyn (kykNET): Divan Botha maak ingewikkelde plaaslike en internasionale ekonomie meer verstaanbaar.