16:00 Deur dik en dun (VIA): Ontmoet die nuwe Deur dik en dun-deelnemers en gesondheidskenners. In hierdie reeks gaan Hardus, Bianca, Eddie en dr. Jan ons vier deelnemers – Frans, Aldin, Ferdie en Raymond – bystaan sodat hulle gewig verloor met 'n gesonde leefstyl.

16:30 Erfkos (VIA): Die aanbieder Philicity Reeken kyk of sjefs se familie-resepte steeds relevant is. Met behulp van drie jongelinge besluit hulle of ’n klassieke resep ook plek het op ons moderne tafels. Sjef Pieter Malan maak vandag ’n Afrika-eier.

17:00 Days of our lives (SABC 3): Dié immergewilde sepie het al meer as 12,000 episodes uitgesaai sedert dit in 1965 begin het.

17:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Die eenvoudigste maaltyd word 'n meesterstuk as dit op 'n treffende of klassieke bord voorgesit word. Nataniël wys sy gunsteling borde en berei geregte wat by elkeen pas.

17:30 Raai wat is toegedraai (VIA): In hierdie speletjiesprogram help skattige kinders hul ouers deur leidrade te gee oor watter items toegedraai is. As die ouers dan regraai, is die items hulle s’n. Met Quanita Adams.

18:00 Zavion (VIA): Zavion is terug van sy vakansie en spring aan die werk vir ’n trou-ekspo by Memoire en ’n troue. Sy oefenprogram skop weer in alle erns af, want die tyd om vir die Olimpiese Spele te probeer kwalifiseer, kom nader.

18:00 Suidooster (kykNET): Lee-Ann sukkel met eienaars wat nie huurkontrakte wil hernu nie en Carmen is vuur en vlam om by Jerome in te trek. Tim gaan praat uiteindelik met Bridgette oor hom en Nicole.

18:30 Getroud Met Rugby: Die Sepie (kykNET): Die Stryders pas aan na al die SportIkon drama. Dinge dreig tussen Simon en Renate. Chrissie is angstig oor haar komende partytjie en Festus en Koekie maak gereed vir die groot leerlinglisensietoets.

18:30 7de Laan (SABC2): Bruynwaves het 'n nuwe kliënt. Charmaine voel seergemaak omdat Errol haar uit sy persoonlike lewe sluit.

19:30 Binnelanders (kykNET): At wil Ivanka van DJ verlos en Steve verdedig Danny by Bronwyn. Annelize se optrede maak Bronwyn agterdogtig, terwyl kleuterskole en verledes ander mense se gedagtes vul. Eben het Annelize se hulp nodig om sy plan te ontbloot.

20:00 Fluiters (kykNET): Die Fluiters-span moet spore maak. Rudi praat vlugtig met Sandy voor hulle almal hul selfone verwoes. Frik en Sam beskuldig Rot daarvan dat hy die Fluiters oor die inligtingsdiens se belangstelling oor hulle in kennis gestel het.

22:00 Winslyn (kykNET): Ons kyk na die samestelling en die rol van die tesourie en loer in by Alec Hogg van Biznews. In Getik kyk Catherine oudergewoonte na wat nuut is op die tegnologie-front.