Dit is vanaand op die kassie:

16:00 Skatkis (VIA): Versamelaars deel die stories van hul kosbaarste skatte met Hendrien, Sonja en Riaan. Antieke meubels is op die agenda en ons kuier by Hannes Louw se Melville-winkel propvol antieke meubels en eienaardige stukke.

16:30 Hou op Wegsteek (VIA): Adele bestuur 'n bemarkingsonderneming en kies haar klere vir gemak, maar voel nou sy het hulp nodig met haar eie styl. Aletté-Johanni Winckler staan reg met raad.

17:00 Days of our lives (SABC 3): Dié immergewilde sepie het al meer as 12,000 episodes uitgesaai sedert dit in 1965 begin het. Hierdie program gaan nie vanaand uitgesaai word nie as gevolg van die krieket.

17:00 Mooi van binne (VIA): ’n Verrassende voorbladgesig via ’n soekende lens. Is jou gesig goed genoeg vir ’n tydskrifvoorblad? Dié wat nee sê, gaan verkeerd bewys word deur ons span fotograwe. Die resultate is verstommend – veral vir ons eens skeptiese deelnemers.

17:30 Roer! (kykNET): MoniQue ry branderplank, wil nog valskermspring, speel die mondfluitjie, is lief vir fotografie en diere, en lughawens is van haar gunstelingplekke. Volgens haar is haar grootste tekortkoming dat sy nie kan kook nie.

18:00 Pasgetroud (VIA): Kom hou saam bruilof en kyk saam of die bruidspaar se troudagdrome waar word. TV-persoonlikheid en aktrise Crystal-Donna Roberts en Schalk Cornelessen se groot dag is hier. Daar is spanning en drama, maar die liefde word in oordaad gevier.

18:00 Mom (M-Net): Bonnie probeer haar gewese kêrel te vermy en sleep Christy saam na een van haar nuwe AA-vergadering waar sy in 'n ander gewese kêrel vasloop.

18:00 Suidooster (kykNET): Chris het geen idee hoe hy vir sy vrou gaan sorg wanneer sy uit die sanatorium kom nie, maar weier om verder slinkse gunsies vir Ian te doen.

18:30 Wie is my strooimeisie? (VIA): Die drie strooimeisies moet eers verby ons bruid Vivian se moeilike antie Caroline kom, waarna net twee van hulle die kans gaan kry om vir Vivian ’n onvergeetlike hen-partytjie te hou om as die wenner aangewys te word.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Fritz besluit dis tyd om sake met Lida uit te stryk. Eben en Wouter kom al beter oor die weg, terwyl Vicky se vreemde fassinasie met Liam teen haar sin toeneem. Intussen is Cardo en Celine paniekerig oor wat hulle wegsteek.

18:30 7de Laan (SABC2): Bernard is betrokke in 'n ongeluk. Is Felicity die regte vrou vir Willem?

19:30 Binnelanders (kykNET): Pippa is bekommerd oor Daleen se toenemende vreemde gedrag. Annelize gebruik sensitiewe inligting om At 'n aanbod te maak wat hy nie maklik sal kan weier nie, terwyl Jana nie na Gustav wil luister nie.

20:00 Megaboere (kykNET): Piet Warren van die plaas Josephine naby Gravelotte is ook sinoniem met wild en sy wêreldbekende swartwitpens-teelprogram is sy persoonlike trots. Hy het laas jaar 'n swartwitpensbul vir 27 miljoen rand verkoop.

20:00 The Mentalist (SABC 3): 'n Onafhanklike konsultant in Kalifornië los ernstige misdade op deur sy skerp observasie-vaardigheid.

20:00 The Player (M-Net Edge): Wesley Snipes speel in hierdie aksiebelaaide reeks waarin ryk individue op misdade bie.

20:10 The X-Files (FOX): Dertien jaar nadat die oorspronklike reeks begin het, is die volgende hoofstuk ‘n reeks met ses episodes waarin David Duchovny en Gillian Anderson speel.

20:30 Die Boekklub (kykNET): Dis Sofia se 65ste verjaarsdag en sy kry uiteindelik haar motorlisensie. Sy besluit om by die boekklublede te gaan kuier en moet - soos enige ma - maar troos en pleisters plak so ver sy gaan.

20:30 Better Call Saul (M-Net City): Die lewe van Breaking Bad se oneerlike prokureur Saul ses jaar voordat hy vir Walt ontmoet.

21:00 Nikita (SABC3): ‘n Sluipmoordenaar keer terug om die geheime organisasie wat haar opgelei het, te vernietig.

21:00 Billions (M-Net Edge): 'n Drama volg die politiek van New York se finansiële wêreld.

22:00 Winslyn (kykNET): Vumatel verskaf vinniger internet aan buurte in Johannesburg. Niel Schoeman vertel hoekom dit noodsaaklik is vir SA. Ons kyk na die verskil wat MyLevelUp aan leerders se lewens maak en draai by die animasie-ateljee Triggerfish.