16:00 Skatkis (VIA): Die antieke liefhebbers Hendrien Martins, Riaan Bolt en Sonia Scholtz gesels met oudhede-kenners en verwonder hulle aan spesiale items uit ’n vergange era.

16:30 Erfkos (VIA): Aanbieder Philicity Reeken kyk of sjefs se familie-resepte steeds relevant is. Met behulp van drie jongelinge besluit hulle of ‘n klassieke resep ook plek het op ons moderne tafels.

17:00 Days of our lives (SABC 3): Dié immergewilde sepie het al meer as 12,000 episodes uitgesaai sedert dit in 1965 begin het. Hierdie program gaan nie vanaand uitgesaai word nie as gevolg van die krieket.

17:30 Ilse Kook (kykNET): Daar is darem min dinge so lekker soos goeie gebak. Ilse bak en brou in die kombuis en maak watertand sjokolade-bruintjies, gebakte suurlemoenkaaskoek en haar skoonma se appelpoeding.

18:00 Pasgetroud (VIA): Kom hou saam bruilof en kyk saam of die bruidspaar se troudagdrome waar word. Shan en sy bruid Esti se groot dag is hier. Daar is spanning en drama, maar die liefde word in oordaad gevier.

18:00 Suidooster (kykNET): Mymoena sukkel om voor te gee dat alles tussen haar en AB vergewe en vergete is. Lee-Ann vra AB en Fasie om Ian nie weer te konfronteer oor wat hy met Suidooster beplan nie. Stefan en Michelle sit steeds vas oor hul toekoms.

18:30 Wie is my strooimeisie? (VIA): Die bruid se voorloper via 'n hartlike henpartyjie. ’n Amper-bruid se drie vriendinne moet dit uitspook om as haar strooimeisie gekroon te word.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Liam loop sy rieme styf met Stef maar laat hom nie intimideer nie. Celine en Wouter het albei planne om twee mense bymekaar te bring. Lida en Fritz kry weerstand oor hul troue en Beulah bied ongevraagd haar hulp aan.

18:30 7de Laan (SABC2): Natalie se jongste plan misluk. Aggie en Paula probeer die Times se reputasie red.

19:30 Binnelanders (kykNET): At kry nie vir Pippa in die hande nie, terwyl Karli witvoetjie soek by Adelyn en Naomi. 'n Dokter en 'n pasiënt sit in 'n hysbak vas, terwyl Herman beïndruk word deur 'n dokter. Pippa maak nie 'n moordkuil van haar hart nie.

20:00 Megaboere (kykNET): Stigter van die Kuipers Groep, Arend Kuipers, immigreer in 1973 na Suid-Afrika en begin bou aan sy pluimvee-ryk naby Pretoria. Vandag is die Kuipers-groep die grootste pluimvee groep in die land.

20:10 Criminal Minds (FOX): ‘n Span analiseer en ondersoek van Amerika se moeilikste kriminele en probeer hulle volgende misdaad voor te spring.

20:30 Die Boekklub (kykNET): Gerwin veg verbete namens Andre, maar is onseker oor die uitslag. Tom en Lillie speel kat en muis speletjies en Sofia voer ook 'n plan in die mou. Gert besef hy en Petro het 'n nuwe begin nodig.

20:30 Better Call Saul (M-Net City): Die lewe van Breaking Bad se oneerlike prokureur Saul ses jaar voordat hy vir Walt ontmoet.

21:00 Nikita (SABC3): ‘n Sluipmoordenaar keer terug om die geheime organisasie wat haar opgelei het, te vernietig.

22:00 Winslyn (kykNET): Ocean Basket deel hul suksesstorie en ons loer in by Cold Gold. Giraffe is 'n nuwe toepassing wat beoog om Suid-Afrika se werkloosheidsyfer aan te vat. En ons gesels oor toepassings wat produktiwiteit kan verbeter.