Dit is vanaand op die kassie:

17:00 Days of our lives (SABC 3): Dié immergewilde sepie het al meer as 12,000 episodes uitgesaai sedert dit in 1965 begin het.

17:30 Jan Braai vir Erfenis (kykNET): Ons sit die Nasionale Braaitoer voort. Ons week skop af by die Augrabiese watervalle en na 'n vinnige stop in Pofadder vier ons Suid-Afrika se spingbok erfenis in Springbok. Plus Jan maak 'n tamatiefrikkadel-potjie op die vuur.

18:00 Playing House (M-Net): Wanneer die hoogswanger Maggie uitvind haar man verneuk haar, wend sy haar tot haar beste vriendin vir ondersteuning in hierdie lawwe sitkom.

18:00 How I Met Your Mother (e.tv HD): In die skreeusnaakse komedie vertel die ouer Ted aan sy twee kinders presies hoe hy hulle ma ontmoet het.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Marius word verteer deur die hartseer. Vicky besluit om Bakgat te probeer red. Saskia is steeds op haar missie om die Villa reg te ruk. Liam maak 'n onverwagse opoffering uit liefde vir Hanna.

18:30 7de Laan (SABC2): Oubaas en Maria gaan deur diep waters opsoek na Hilda. Vanessa besluit self om na Matrone om te sien.

19:30 Binnelanders (kykNET): Steve en Bronwyn het ongemaklike nuus om met Lexi te deel, en Tertius moet 'n groot keuse maak. At verstaan nie 'n dokter se gedrag nie, terwyl Steve en Annalize 'n hewige uitval het. Sara neem 'n belangrike besluit.

20:00 Edik van Nantes (kykNET): Op die plaas buite Nantes het Nataniël en Erik se neersitkombuis nou twee tafels, 'n vlam en 'n plaat. Onder byna dieselfde omstandighede as dié van die 17de eeuse Franse Hugenote word daar nou gekook.

20:00 Homeland (M-Net Edge): In vanaand se episode gaan snuffel Carrie rond by 'n vlugtelingekamp in Sirië.

20:30 Bloedbroers (kykNET): Willem sluit as vrywilliger by die Nasionale Party aan. Bennie begin 'n liefdadigheids-inisiatief. 'n Nuwe loopbaan wink vir PG, en Gerhard keer terug na die myne waar sy unieke opinies oor die unies begin aandag trek.

20:30 Minority Report (Fox): Meer as 10 jaar ná die ontbinding van die pre-misdaadeenheid, wat toekomstige misdadigers gevang het voor hulle misdade pleeg, probeer 'n eensame oudlid, wat die vermoë het om misdade te voorspel, 'n normale lewe lei.

21:00 The Good Wife (SABC3): 'n Familie- en regsdrama met die formidabele Julianna Margulies in die hoofrol.

21:20 The Kennedys (History): 'n Biografiese minireeks oor die lewe van JFK.

21:30 Murder in the First (M-Net): In vanaand se episode volg Terry en Hildy 'n leidraad tot in Mexico.

22:00 Desperate Housewives (SABC3): Die dames van Wisteria Lane konkel onder mekaar met allerhande intriges wat volg.

22:00 Winslyn (kykNET): Divan Botha maak ingewikkelde plaaslike en internasionale ekonomie meer verstaanbaar.