Dit is vanaand op die kassie:

16:00 Deur Dik en Dun (VIA): Dis die laaste week van die 10-week maerword uitdaging. Die einde van die paartjies se nuwe leefstylprogram is in sig en hulle gaan na ‘n lyndans-partytjie om dit te vier.

16:30 Hou op Wegsteek (VIA): Arina is 'n advokaat met geen tyd vir haarself nie. Maar beeldpoetser en stilis Aletté-Johanni Winckler staan reg om haar te help om weer fantasties te lyk en voel.

17:00 Days of our lives (SABC 3): Dié immergewilde sepie het al meer as 12,000 episodes uitgesaai sedert dit in 1965 begin het.

17:30 Roer! (kykNET): Boer Soek 'n Vrou se Angelique Gerber wys vir ons dat sy haar skoene kan volstaan in 'n plaaskombuis.

17:30 Kersie op die Koek (VIA): Ulrich Troskie versier vir sy ma Linda ’n spesiale koek wat haar persoonlikheid komplementeer.

18:00 Mom (M-Net): Christy hou 'n familie-ete vir Violet se toekomstige skoonma.

18:00 Zavion (VIA): ’n Fotografie-werkswinkel vind by Memoire plaas waarvoor Zavion en sy span die blomme en dekor moet doen. Zavion ontmoet die organiseerder van ’n konferensie in Kaapstad waar hy as gasspreker gaan optree en dan breek Rob en Nicole se troue aan. Dit lyk asof alles volgens plan verloop, maar hoekom is Kim in trane?

18:00 Suidooster (kykNET): Chris oorhandig Mrs J se ID aan Ian en hulle konkel verder teen haar. Fasie vind uit dat Bianca Mymoena se dogter is. Bridgette vertel vir Ian van Nicole se verhouding met Tim en wil hê hy moet dit onmiddellik stopsit.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Eben se gevoelens maak hom selfbewus rondom Wouter. Fritz begin Neels sien as 'n aanwins, maar hy het nog nie vrede gemaak met Neels en Lida se verhouding nie. Saskia reken sy het Stef presies waar sy hom wil hê.

18:30 7de Laan (SABC2): Paula kan nie van haar irritasie ontslae raak nie. Bonita getuig. Sal Altus 'n balans tussen die twee vroue in sy lewe kan vind?

19:30 Binnelanders (kykNET): Daleen dink dit is tyd om die goeie nuus bekend te maak, terwyl At slegte nuus aan haar moet oordra. Nog slegte nuus tref die Du Preez huisgesin. Bronwyn en Steve beraam planne om Lexi se selfvertroue op te bou.

20:00 Megaboere (kykNET): Trevor Elliot melk twee maal 'n dag sowat 13 000 koeie op sy plase in die Oos-Kaap. Dit maak hom een van die grootste melkboere in SA. Hy is ernstig oor die bemagtiging van werkers en het 'n ontwikkelingsprogram op sy plaas.

20:00 The Mentalist (SABC 3): Jane en die CBI ondersoek die moord op 'n modeontwerper.

20:00 The Player (M-Net Edge): Wesley Snipes speel in hierdie aksiebelaaide reeks waarin ryk individue op misdade bie.

20:10 The X-Files (FOX): Dertien jaar nadat die oorspronklike reeks begin het, is die volgende hoofstuk 'n reeks met ses episodes waarin David Duchovny en Gillian Anderson speel.

20:30 Die Boekklub (kykNET): 'n Sensuele gas daag op wat Tom se wêreld tydelik omkeer. Hanli probeer werk aan haar verhouding met Johan. Sofia kan nie genoeg kry van die boek wat Tom hulle laat lees nie.

20:30 Better Call Saul (M-Net City): Die lewe van Breaking Bad se oneerlike prokureur Saul ses jaar voordat hy vir Walt ontmoet.

21:00 Nikita (SABC3): 'n Ongeluk bedreig een deelnemer se toekoms in hierdie aksiebelaaide episode.

21:00 Billions (M-Net Edge): Die stinkryk, arrogante beleggingsontleder Bobby Axelrod is vies omdat hy deur die staatsprokureur Chuck Rhoades vir onwettige aandelehandel ondersoek word.

22:00 Winslyn (kykNET): Divan Botha maak ingewikkelde plaaslike en internasionale ekonomie meer verstaanbaar.