Dit is vanaand op die kassie:

16:00 Deur Dik en Dun (VIA): Dis week agt van die 10-week maerword-uitdaging. Die vier paartjies kry nuwe haarstyle en word mooi gemaak voor hierdie week se spanningsvolle inweegsessie.

16:30 Hou op Wegsteek (VIA): Bronwyn glo haar lyf pas nie by haar klere nie, maar het geen idee hoe om dit reg te stel nie. Kan beeldpoetser en stilis Aletté-Johanni Winckler help?

17:00 Days of our lives (SABC 3): Dié immergewilde sepie het al meer as 12,000 episodes uitgesaai sedert dit in 1965 begin het.

17:30 Roer! (kykNET): Zane Meas bewys dat hy meer as net 'n goeie akteur is. Hy kan hom ook handhaaf in die kombuis. Tammy leer ken hierdie rolmodel terwyl daar heerlik gebak en gebrou word.

17:30 Kersie op die Koek (VIA): Warm ouerharte via suikersoet kinders. Opvreetbare seuns en dogters ontmoet in sjef Renoir Sardinha en Loandi Boersma se studio om ’n kreatiewe dankie-sê-koek as verrassing vir ma of pa te versier.

18:00 Mom (M-Net): Christie en Bonnie probeer ondersteunend wees toe Regina 'n ongemaklike aankondiging maak.

18:00 Zavion (VIA): Dis Zavion se verjaarsdag-week en almal, van Kim en Lauren tot sy ma en sy lewensmaat John, sweer saam om Zavion te verras. Intussen fokus Zavion op nuwe kliënte, ’n foto-sessie, ’n troue en ’n uitdagende oefensessie saam met sy pa.

18:00 Suidooster (kykNET): Tim en Nicole vind dit moeilik om hulle verliefdheid geheim te hou, veral wanneer Jerome snuf in die neus kry. Lee-Ann is nie oortuig van Ian se storie nie. Bianca stoei met AB se versoek.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Eben kan net nie aanvaar dat Carina 'n woonstel wil koop nie. Bakgat is gevandaliseer en Vicky sukkel om die stres te hanteer. Celine gee Cardo se geskenk terug. Stef maak seker Saskia weet dat Vicky die vrou van sy hart is.

18:30 7de Laan (SABC2): Vanessa is in 'n moeilike situasie. Gaan Willem se verlede met Felicity sy nuwe verhouding belemmer?

19:30 Binnelanders (kykNET): 'n Storm broei in Mosambiek, terwyl daar 'n nuwe vete tussen die Du Preez broers broei. Rian is geskok deur Pippa se besluit en Bronwyn se nuus maak Steve en Lexi opgewonde.

20:00 Megaboere (kykNET): Andrew Jordaan en sy drie seuns, Wilhelm, Ginkel en Andrew jnr boer op Spekboomberg naby Cradock in die Oos-Kaap. Spekboomberg is 'n familiebesigheid wat divers boer: Merino's, Dormers, Boran, 'n melkery en akkerbou.

20:00 The Player (M-Net Edge): Wesley Snipes speel in hierdie aksiebelaaide reeks waarin ryk individue op misdade bie.

20:30 Die Boekklub (kykNET): Tom sukkel om in Merweville aan te pas en word teen sy sin ingetrek by 'n soektog na Gert se pa. Herman kom help Gerwin met haar huis wat lei tot spanning tussen hom en Stef.

21:00 Nikita (SABC3): Ari soek hulp en Nikita en Michael is geskok as Ryan dit oorweeg.

21:00 Billions (M-Net Edge): Die stinkryk, arrogante beleggingsontleder Bobby Axelrod is vies omdat hy deur die staatsprokureur Chuck Rhoades vir onwettige aandelehandel ondersoek word.

22:00 Winslyn (kykNET): Divan Botha maak ingewikkelde plaaslike en internasionale ekonomie meer verstaanbaar.