Dit is vanaand op die kassie:

17:00 Days of our lives (SABC 3): Dié immergewilde sepie het al meer as 12,000 episodes uitgesaai sedert dit in 1965 begin het.

17:30 Jan Braai vir Erfenis (kykNET): Jan toer steeds deur Ierland. Dis 'n aksiebelaaide avontuur wanneer Jan branderplank ry, bergfiets ry, roei en boogskiet. Hy leer hoe 'n salmon fabriek werk en wys jou hoe om heerlike vis te rook en 'n Ierse sodabrood te bak.

17:30 Kersie op die Koek (VIA): Warm ouerharte via suikersoet kinders. Opvreetbare seuns en dogters ontmoet in sjef Renoir Sardinha en Loandi Boersma se studio om ’n kreatiewe dankie-sê-koek as verrassing vir ma of pa te versier.

18:00 About a Boy (M-Net): Hierdie komedie is gebasseer op die gelyknamige boek. Will Freeman se lewe verander heeltemal toe 'n enkelma en haar 11-jarige seun langs hom intrek.

18:00 Zavion (VIA): Zavion paalspring weer vir die eerste keer in 18 maande. Sy afrigter laat Zavion duidelik verstaan dat hy baie ure moet insit om Olimpiese hoogtes te behaal. Swaar reënwolke dreig om ’n sprokiestroue in die wiele te ry.

18:00 How I Met Your Mother (e.tv HD): In die skreeusnaakse komedie vertel die ouer Ted aan sy twee kinders presies hoe hy hulle ma ontmoet het.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Liam begin weer konkel - sy planne is netjies uitgewerk. Celine word al minder bestand teen Alex se sjarme. Marius dink hy het Liam onder beheer, maar Liam bly hom een voor.

18:30 7de Laan (SABC2): Errol deel sy bekommernis met Vince en hulle besluit om saam teen Xander op te staan.

19:30 Binnelanders (kykNET): Jana soek antwoorde by Karli, en 'n dokter moet misverstande uit die weg ruim. Mia stamp koppe met Rian, en At se visier is ingestel op Steve. Naomi deel haar geheim met Marinda, en Tim beraam 'n gevaarlike plan.

20:00 Edik van Nantes (kykNET): Die gebruike van appels is ontelbaar. Dit is een van Nantes se bekendste produkte en vir jare 'n gunsteling in Nataniël se kombuis. Hy en Erik baljaar behoorlik met appels, van kos tot kuns.

20:00 Homeland (M-Net Edge): In vanaand se episode klop Carrie aan vir hulp by van haar ou vriende. Saul vermoed iemand lek inligting.

20:30 Bloedbroers (kykNET): Die stof het gaan lê na die staking en elk van die bloedbroers moet nou met die nagevolge daarvan hanteer. Gerhard word in hegtenis geneem en PG besluit om eerder sy besigheid te verloor as om sy gewete te verloën.

20:30 Minority Report (Fox): Meer as 10 jaar ná die ontbinding van die pre-misdaadeenheid, wat toekomstige misdadigers gevang het voor hulle misdade pleeg, probeer 'n eensame oudlid, wat die vermoë het om misdade te voorspel, 'n normale lewe lei.

21:00 The Good Wife (SABC3): 'n Familie- en regsdrama met die formidabele Julianna Margulies in die hoofrol.

21:20 Lee Harvey Oswald: 48 Hours to Live (History): Die skieter van JFK se laaste lewensure word ondersoek.

21:30 Chicago PD (M-Net): In vanaand se episode word 'n kind ontvoer wat na aan Dawson se hart lê.

22:00 Desperate Housewives (SABC3): Die dames van Wisteria Lane konkel onder mekaar met allerhande intriges wat volg.

22:00 Winslyn (kykNET): Divan Botha maak ingewikkelde plaaslike en internasionale ekonomie meer verstaanbaar.